Juan Boucher sing 'Who The Faf Is Alice' op Friday Live

Juan Boucher sing 'Who The Faf Is Alice' op Friday Live

Suid-Afrikaanse sanger Juan Boucher het Vrydag sy weergawe van Smokie se 'Living Next To Alive' op Breakfast with Martin Bester se Friday Live opgetree. 

Juan Boucher
Jacaranda FM

Met sy negende album, 'Die Rower', dien Juan Boucher die Afrikaanse mark met 'n vars bries van romantiek en mistiek. 

Die titelsnit, 'Die Rower', is 'n lied wat die luisteraar meeneem op 'n reis van liefde en verlange, met 'n atmosfeer wat soos 'n mis oor die see hang.

Om sy nuutste album te vier, het die 'Koue Hande'-sanger sy weergawe van Smokie se 'Living Next Door To Alice' op Friday Live opgetree. 

Kyk die optrede hier:

Hierdie album is 'n bewys van Juan se ongelooflike talent en sy vermoë om die harte van sy gehoor aan te raak.

In Boucher se eie woorde:

"Ek is n skrywer van voor tot agter, ek raak honger om te skryf as die tyd te lank neem om nie by my kitare te sit en skryf nie dan jaag iets my, dit voel of ek altyd nog net iets wil vertel met ‘n kitaar in my arms. Ek kan dit nie help nie die woorde hang oor my en ek droom van dit as ek slaap. 

"As ek iemand sien wat hartseer is dan wil ek skryf, as iemand glimlag wil ek skryf oor dit. As ek liefde sien of voel dan wil ek die kitaar gryp en sing oor dit. Dit is vir my vrek lekker om in boek winkels rond te loop en net tussen die Boeke rond te loop, ek kan die skrywers se oë op my voel. 

"Ek is net eenvoudig lief vir musiek en gedigte en as ek die krag het om dit self te kan doen is dit net nog meer van 'n plesier vir my as ooit. Ek kan sorg vir my huis en my familie daarmee. Ons almal is versot op dit, as ek geskryf het en ons neem dit op dan sit ons almal styf teen die luidsprekers en geniet dit lirieke en melodie. 

"Dit is wonderlik dat ek dit nog so diep binne in my het, dit vloei uit my uit en dit is Hoekom ek dit doen, vir geen ander rede nie, ek doen dit om te “Connect” met mense. Hierdie is Agt liedjies uit my siel uit. Dankie dat almal saam luister."

Luister 'Die Rower' hier:

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Jacaranda FM

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories