Karlien maak hart oop oor Elah se ernstige mediese toestand

Karlien maak hart oop oor Elah se ernstige mediese toestand

Karlien van Jaarsveld moes inderhaas twee optredes kanselleer nadat haar dogter ernstig siek geword het en in die hospitaal opgeneem is.

karlien van jaarsveld
Karlien van Jaarsveld and Elah / Instagram.

Vroeër vanjaar - op 15 Junie - het die ‘Rooi Lip Soene’ sanger met Martin Bester gedeel dat haar lewe drasties verander het na haar dogter, Elah, met 'n kritieke toestand gediagnoseer is. 

Karlien het genoem dat sy toe nie gereed was om te deel wat die toestand is nie, maar dat sy almal se gebede waardeer.

LEES OOK: LUISTER: Karlien van Jaarsveld se dogter ‘ernstig siek’ in hospitaal

Op 31 Desember het die sanger uiteindelik Elah se ernstige mediese toestand met haar 200 000 Instagram-volgelinge gedeel.

Sy skryf; "Dankie vir elke persoon wat saam ons bid vir Elah! Elah is vandag ontslaan Elah het ‘n bloedklont in haar Portal vein, hulle noem dit Portal vein Thrombosis. Dit veroosaak hipertensie / hoë-bloedruk in die are in haar slukderm en magie, wat later esophageal en gastric varices (bloed sakkies) vorm. Dit het begin bloei ‘n paar dae terug, wat veroorsaak dat sy bloed opgooi en haar magie bloed werk, die Dr. kon help om die bloeding te stop, so sy is stabiel vir nou."

"Haar klein lyfie het heelwat bloed verloor, en sy moes ‘n bloedoortapping kry. (DANKIE AAN ALMAL WAT SO GETROU BLOEDSKENK) Die kanse dat die are weer kan begin bloei is maar ongelukkig groot."

"Sy gebruik bloeddruk medikasie al van 7 maande oud af om die simptome te onderdruk totdat sy groot genoeg is vir die operasie, wat lyk my vroeg in die nuwe jaar gebeur. Ons het gehoop dat sy die operasie sal vryspring omdat dit so groot prosedure is. Die Dr. bypass die vernoude/geblokte portal vein met n shunt (‘n ander aar), wat hy uit haar nek uit kry. God weet waarmee Hy besig is en ons vertrou Hom," skryf sy. 

Die Rooilipsoene sanger voeg by, "Sy staan in die bruid vir ons as ‘n hoë Terebinte boom, wat ‘n skuilplek word van die geregtigheid van God. Sy staan in ‘n posisie waar Dawid ook teenoor Goliat gestaan het in die vallei van Elah, wat beteken as sy die klip slinger en die vyand oorwin, haal sy ‘n hele volk uit ballingskap uit. Haar roeping is groot en ons glo dat sy daarin sal loop."

Karlien Elah 1
Facebook

Luister na die volledige gesprek wat Karlien in Junie op Breakfast with Martin Bester gehad het oor haar dogter se toestand hier:

Show's Stories