Kurt Darren, Juanita du Plessis en Brendan Peyper sing legendariese-treffer

Kurt Darren, Juanita du Plessis en Brendan Peyper sing legendariese-treffer

Suid-Afrikaanse musikante Kurt Darren, Juanita du Plessis en Brendan Peyper het hulle weergawe van die ikoniese 'Sweet Caroline' opgetree.

Kurt, Brendan, Juanita
Supplied

Breakfast with Martin Bester en die luisteraars was Donderdag bederf met 'n sterbelaaide-optrede saam Kurt Darren, Juanita du Plessis en Brendan Peyper.

KYK: Wie was jou gunsteling '7de Laan'-karakter?

Die trio het hulle weergawe van die legendariese-treffer 'Sweet Caroline' opgetree voor vanjaar se Krone By Loftus-konsert.

Krone is 'n jaarlikse moewiese saamsing jol waar van ons gunsteling kunstenaars treffers van die 60's tot nou in Afrikaans en Engels sing!

Dit is musiek vir die hele familie wat saam kuier om ‘n 360-grade verhoog in die middel van Loftus. Dis 'n massiewe belewenis!

Meer as 'n 100 hit songs gaan gesing en "beKROON" word. Van 'Johnnie Blou' tot by 'Sweet Caroline', van 'Toer Om Die Vloer' tot by 'Mamma Mia!'

KYK: '7de Laan' se 'Bart' vier nuwe musiek op Breakfast with Martin Bester

Jy kan uitsien na van jou gunsteling kunstenaars soos Appel, Bernice West, Barto, Brendan Peyper, Christia Visser, Dirk van der Westhuizen, Elandré, Eloff, Jan Jan Jan, Juan Boucher, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Leah, Liezel Pieters, Nicholis Louw, Prop, Reën, Refentse, Ricus Nel en Snotkop!

Bederf jou hele familie en bring jou beste vriende saam. Kry gou jou kaartjie by iTickets.co.za

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories