KYK: Sangeres Amor Vittone maak hart oop oor afsterwe van pa

KYK: Sangeres Amor Vittone maak hart oop oor afsterwe van pa

Die Suid-Afrikaanse sangeres het in 'n Instagram-plasing oop gemaak oor die afsterwe van haar pa.

Amor Vittone and dad
Instagram/ Screenshot - Amor Vittone

Die sangeres Amor Vittone se pa, Dario Vittone (82), is in Julie oorlede nadat hy 'n beroerte gehad het.

Volgens Netwerk 24, het Dario 'n hartoperasie ondergaan en was hy nog in die hospitaal toe hy die beroerte gehad het. 

KYK: Janie Bay en Elandré stel nuwe enkelsnit vry op Friday Live

In 'n nuwe plasing op Instagram het die sangeres haar hart uit gestort oor die afsterwe van haar pa.

Vittone het haar video begin deur te praat oor hoe moeilik dit was om haar pa te verloor.

"Die afgelope paar weke was van die emosioneelste, hartverskeurendste en hartseerste tye van my lewe," het sy gesê.

"Ek moes daardie leemte met so baie dinge vul, maar my pa het my met soveel vrede en gerusstelling agtergelaat dat hy oukei is en dat alles oukei sal wees, want hy sal altyd aan my sy wees."

Die 'Voluit Lewe'-sangeres het bygevoeg dat sy nou eers haar hart oopmaak oor haar seer omdat sy tyd gehad het om daardeur te werk.

LEES: Talle teken petisie om '7de Laan' te red

"Ek wou eers daar wees vir my ma en my kinders. Hulle was my eerste prioriteit. Ek het eers vrede ervaar ná my pa se begrafnis en nadat ek met 'n pastoor gepraat het wat my bemoedig het.

"Dis iets waardeur ek moes gaan," sê sy. 

"Jy moet huil. Jy moet deur die rouproses gaan en wat ek besef het is deur die dood is daar 'n nuwe begin en daar is 'n nuwe betekenis vir die lewe."

"Ek glo my pa se wens vir my en die familie sou wees om in harmonie saam te leef en mekaar te ondersteun," sê die sangeres.

"Behou die vrede en respekteer mekaar. Hy het altyd gesê: 'Don’t worry about me, live your life and don’t cry'. Hy het dit gehaat as mense huil. Hy het ook gesê: Water the flowers in your life, not the ones on your grave and live every day as if it’s your last."

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories