Talle teken petisie om '7de Laan' te red

Talle teken petisie om '7de Laan' te red

Meer as twintigduisend aanhangers het al die #Red7deLaan-petisie geteken.

7de Laan cast
The cast of '7de Laan'/ Twitter (@real7delaan)

Weeksaande voor die televisie sal vir duisende Suid-Afrikaners glad nie meer dieselfde wees wanneer die ikoniese sepie '7de Laan' in Desember tot 'n einde kom nie.

In 'n gesamentlike verklaring het die SAUK en Danie Odendaal-produksies aangekondig dat die gewilde sepie na 23 jaar tot 'n einde sal kom. 

Vir jare het '7de Laan' genot en vermaak na talle huishoudings in Suid-Afrika gebring en talle is ongelukkig dat die sepie tot ‘n einde kom.

LEES: Wie was jou gunsteling '7de Laan'-karakter?

Een toegewyde kyker, Jermaine Christians was so ontsteld dat hulle besluit het om die #Red7deLaan petisie te begin.

Red 7de Laan Petisie
#Red7deLaan/ Skermgreep

Christians meen dat die toegewyde kykers van die bekende sepie glad nie saam met die SAUK se besluit om die sepie te eindig stem nie.

"Ons as die lojale kykers stem ten volle nie saam met die feit dat '7de Laan', sonder enige redes verskaf, nie vir 'n ander seisoen hernu is nie," skryf Christians.

KYK: Beer in dieretuin vermoedelik eintlik 'n mens

"Ons wil die SAUK versoek om die besluit te heroorweeg en '7de laan' te hernu. Die sukses van dié produksie kom uit werklike storielyne, multikulturalisme en die voorsiening aan die behoeftes van elke Suid-Afrikaner wat hulle daarmee kan vereenselwig.

"Indien nie, wil ons, die aanhangers van '7de laan', ander kanale soos e.tv of selfs kykNET aanmoedig om in te koop by die idee van '7de laan' om nie net die werk van die akteurs en die produksiespan te red nie, maar ook die nommereen-Afrikaanse sepie in Suid-Afrika."

Christians sê ook dat '7de Laan' se einde nie net 'n aanvaal op die lojale kyker is nie, maar ook 'n aanval op die Afrikaanse gemeenskap is.

Teken die petisie hier

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories