KYK: Dozi en Nádine se nuwe 'love song' is hier!

KYK: Dozi en Nádine se nuwe 'love song' is hier!

Twee Suid-Afrikaanse legendes Dozi en Nádine het Vrydag 'n nuwe enkelsnit vrygestel. Dozi het met Breakfast with Martin Bester oor die nuwe projek gesels. 

DOZI EN NADINE SING
YouTube/ Skermgreep

Die legendariese Suid-Afrikaanse sanger Dozi het Vrydag die goeie nuus dat hy 'n nuwe enkelsnit vrygestel het met Breakfast with Martin Bester gedeel.

Wat die nuus nog meer opwindend maak is dat die beeldskone Nádine saam Dozi op die nuwe enkelsnit sing. 

"Ek het Nádine gekies... sy het 'n amazing stem, so dit was baie lekker gewees om die projek saam haar te doen."

Die paar se stemme komplimenteer mekaar pragtig in wat die sanger beskryf as een van sy diepste love song nog. 

'Toe Die Engel Aan Die Water Raak' is nou beskibaar op alle platforms. 

Luister hier: 

Volgens Huisgenoot is 'Toe Die Engel Aan Die Water Raak' gebore op Dozi se kleinhoewe in samewerking met sy klankingenieur, Byron Kuntz, sy baskitaarspeler, Michael Phillips, en die liriekskrywer Francis Grobler. 

Hy het ook einde verlede jaar 'n album uitgereik, en die volgende een is glo op pad.

Die 'Grassade In Die Wind'-sanger het ook bevestig dat hy volgende maand op 23 Maart sy 60ste verjaarsdag gaan vier, maar dit beteken nie dat die sanger gaan afskaal nie. 

Huisegenoot berig dat die sanger vir die eerste keer in 10 jaar deur die land gaan toer.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: YouTube/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories