KYK: Elandré sing Tina Turner se 'The Best' ter ondersteuning van Vrouedag

KYK: Elandré sing Tina Turner se 'The Best' ter ondersteuning van Vrouedag

Elandré sing 'The Best' van Tina Turner vir Vrouemaand - en gesels ook oor sy splinternuwe enkelsnit

Elandre
Facebook/ Screenshot

Afrikaanse sanger, Elandré het op Donderdag 'n akoestiese weergawe van Tina Turner se 'The Best' gesing op Breakfast with Martin Bester. Elandré het sy optrede toegewy aan al die invloedryke vroue in sy lewe ter ondersteuning van Vrouemaand. 

Die sanger en liedjieskrywer het ook sy nuutste enskelsnit 'Lieflik' bekend gestel. 

Hierdie Oos-Kaaps gebore sanger-liedjieskrywer het met die intrapslag groot opslae gemaak nadat sy regstreekse aanlynweergawe van Bruce Springsteen se 'Tougher Than the Rest' miljoene trefslae internasionaal versamel het, dit sou kort daarna lei tot ‘n platekontrak vir die voormalige teaterstudent.

Dit was kort daarna oortref met die platinumverkopende-oorspronklike debuut album 'Kleindorp Dromer', gevolg deur die album 'Boomhuis' en bekroonde Europop-geïnspireerde derde album 'Rugsak'. Wydverspreide toere, gasoptredes en treffende musiekvideo’s getuig oor die vernuwende werk van dié dinamiese Suid-Afrikaanse kunstenaar.

In die na-gloei van sy triomfanklike 'Elandré Simfonies'-toer en legendariese 'Maak Wakker' samewerking met Francois van Coke, versnel die opspraakwekkende liedjieskrywer verder met ‘n nuwe enkelsnit 'Lieflik' op 5 Augustus 2022.

'Lieflik' slaan terug na Rockspaaider Band Battles, Hoërskool hoogtepunte en hartseer, met ‘n klankbaan direk uit ‘n tienerfliek. Elandré herbesoek en herskryf ‘n paar reëls uit die Hoërskoolhandboek en oorbrug gelyktydig die eeue oue gaping tussen veld en verhoog.

'Lieflik' is beskikbaar vanaf 5 Aug 2022.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories