KYK: Mej. SA Cindy Nell-Roberts verhuis na Australië

KYK: Mej. SA Cindy Nell-Roberts verhuis na Australië

Die voormalige Mej. Suid-Afrika, Cindy Nell-Roberts, het onlangs aangekondig dat sy en haar gesin na Australië verhuis het.

Former Miss South Africa Cindy Nell-Roberts
Miss South Africa 2002 Cindy Nell-Roberts/ Instagram (@cindy_nell)

Cindy Nell-Roberts, haar man Clive en hulle twee kinders het Aena (11) en Ethan (13) het onlangs sak-en-pak na Australië toe geëmigreer.

Die voormalige Mej. Suid-Afrika het omtrent 'n week gelede 'n plasing op Instagram gedeel waarin sy die trek aangekondig het.

Kyk hier:

Nell-Roberts en haar gesin was reeds in Melbourne voor sy die nuus met haar aanghangers gedeel het.

Volgens Huisgenoot, is die 41-jarige besigheidsvrou opgewonde oor die trek na Australië, maar te spyte van die opwinding is dit ook ook moeilik en soms selfs ongemaklik om jou wortels te hervestig.

LEES: Hannon se vervreemde man Julius as vermis verklaar

"Ons klein gesin het 'n opwindende besluit geneem om 'n besigheid in Australië te begin, wat die Australiese Kleinhandel Industrie sal voorsien met Essence en Catrice Makeup," skryf sy op Instagram.

Cindy is die uitvoerende hoof van haar en haar man, Clive Roberts (53), se skoonheidsmaatskappy, Cosmetix waaronder die bekende Essence skoonheidsprodukte ook val.

Cosmetix is 'n Suid-Afrikaanse besigheid wat handel in die vervaardiging, invoer en verspreiding van plaaslike en internasionale produkte na sommige van die grootste kleinhandel kettingwinkels en skoonheidssalonne in Suid-Afrika.

"Die kleinhandelondernemings vir wie ons reeds produkte verskaf het, het hul hoofkantore en meeste pakhuise hier in Melbourne, so dit maak kommersieel sin," verduidelik Nell-Roberts.

"Ons het 'n onderneming hier begin om die Catrice- en Essence-skoonheidshandelsname te versprei en te bevorder, nes ons in Suid-Afrika gedoen het. Die handelsname is nou een van die top-grimeerhandelsname, so ons is seker ons kan dieselfde hier in Australië doen en ons is opgewonde vir die geleentheid en die uitdaging," sê Cindy. 

Cindy en haar gesin sal wel gereeld gesig wys in Suid-Afrika vir besigheid en tydens skoolvakansie.

LOOK: SA cricket star shares stunning wedding photos

"Terwyl Suid-Afrika altyd ons geliefde tuiste sal wees, omarm ons hierdie nuwe avontuur met entoesiasme, terwyl ons die uitdagings en geleenthede wat dit bied, geniet."

Sy het ook geterg dat sy later dié jaar deel is van die verfilming van 'n opwindedne projek in Suid-Afrika.

Breakfast with Martin Bester wens vir Cindy Nell-Roberts en haar gesin alle geluk toe op hulle nuwe avontuur.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Cindy Nell-Roberts

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories