Hannon se vervreemde man Julius as vermis verklaar

Hannon se vervreemde man Julius as vermis verklaar

Julius Swart, die vervreemde man van Hannon Bothma, word al byna twee maande vermis.

Hannon Bothma
Instagram/ Hannon Bothma

'n Plasing, wat Woensdag op die Facebook-blad The Pink Ladies gedeel is, het bevestig dat Julius Swart, die vervreemde man van 'Glam Guru' Hannon Bothma, al sedert 23 Januarie vermis is. 

Volgens The Pink Ladies, 'n organisies wat fokus op inligting oor vermiste persone, se plakaat het Swart (59) in Bramley Johannesburg spoorloos verdwyn. 

JULIUS SWART VERMIS
The Pink Ladies

Die TV-aanbieder en entrepreneur Hannon Bothma het Woensdag ook die nuus aan Netwerk24 bevestig. 

Volgens die berig het Swart op 23 Januarie 'n WhatsApp-boodskap van Bothma gelees, maar sedertdien is sy foon af en niemand het hom al van toe af aan die hande gekry nie. 

LEES: Jacaranda FM help Middelburg-man wat deur krokodil aangeval is

"Ek soek hom verskriklik. Niemand weet waar hy is nie. Ek gryp na strooihalms. Ek het al elke persoon wat op my selfoon is probeer kontak (en gevra) of Julius nie al probeer kontak maak het met hulle nie, maar hy het nie."

Jacqui Thomas van The Pink Ladies het ook bevestig dat Swart vermis is en dat sy geestestoestand glo baie "broos" is. 

Bothma en Swart is in 2018 getroud, maar is in 2022 uitmekaar uit na 'n 30-jaar verhouding. 

Die paartjie is wel nog nie amptelik geskei nie. 

"Ek is steeds baie bekommerd, angstig. My foon is die heeltyd by my. As jou foon lui… Al is dit ’n onbekende nommer antwoord ek, want dalk is dit iemand wat vir my informasie kan gee."

KYK: Patricia Lewis deel pragtige familiefoto met man en seun

Swart het nog glad nie met sy familie of vriende kontak gemaak nie, iets wat volgens Bothma baie teenstrydig is met sy persoonlikheid. 

"Julius hou daarvan om sy familie en vriende aan sy boesem te hou. Hy reik uit na mense, so hierdie is baie vreemd.

"As ek net weet wie die laaste persoon is wat hom gesien het, sal dit ’n beginpunt wees om hom op te spoor."

Breakfast with Martin Bester het aan Bothma uitgereik, maar hy kon ongelukkig nie op die oomblik oor die saak praat nie.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Instagram/ Hannon Bothma

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories