KYK: 'Plaasjapie' se Roché Killian is verloof!

KYK: 'Plaasjapie' se Roché Killian is verloof!

'Plaasjapie'-deelnemer Roché Killian het onlangs 'n video gedeel waarin hy sy nou verloofde, Sophie, vra om met hom te trou.

Roché 'Plaasjapie'
Verskaf

Roché Killian het talle Suid-Afrikaners se harte gesteel toe hy op die kassie verskyn het as 'n deelnemer van die kykNET-reeks 'Plaasjapie'.

Met sy sjarmante geaardheid en aantreklike glimlag het hy behoorlik mense aan die praat gehad, maar vandag is daar 'n ander rede waarom hy mense aan die praat het.

KYK: Joshua Na Die Reën deel opwindende nuwe musiek

Hy is verloof!

Killian het onlangs 'n YouTube-video gedeel waarin hy sy meisie, Sophie, vra om met hom te trou. Dit volg sy hele reis vanaf die beplanning tot die uiteindelike oomblik wat hy Sophie gevra het om te trou.

Kyk die video hier:

Die hartroerende video begin met die 'Plaasjapie'-deelnemer wat Sophie se pa, wie in Engeland bly, bel om vir sy toestemming te vra.

Die trane het vrylik gevloei toe Killian uiteindelik die moed bymekaar geskraap het om hom te vra, en sonder twyfel het haar pa "ja" gesê.

LEES: Meer huishoudings in SA praat Afrikaans as Engels

Verder in die video kan jy Killian en Sophie se reis na Montagu volg, waar hy haar uiteindelik in die bos, tydens 'n pragtige piekniek, gevra het om met hom te trou.

Sophie, oorspronklik van Leicester in Engeland, het in trane uitgebars en met vreugde die ja-woord gesê.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Verskaf

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories