Meer huishoudings in SA praat Afrikaans as Engels

Meer huishoudings in SA praat Afrikaans as Engels

Volgens die sensus opname van 2022 is daar meer mense wat Afrikaans in hul huishoudings praat as Engels.

Afrikaans listed as ‘potentially vulnerable’ by UNESCO: AfriForum
iStock

Statistikus-Generaal Risenga Maluleke het Dinsdag die jongste sensus verslag by die Unie Gebou bekend gemaak.

Hierdie inligting het ingesluit die land se bevolking en die statistiek oor Suid-Afrika se 12 amptelike tale.

KYK: Damian Engelbrecht van 'Boer Soek 'n Vrou' is verloof!

Volgens Maluleke praat die meeste Suid-Afrikaners isiZulu (24.4%), gevolg deur isiXhosa (6.3%), en dan Afrikaans (10.6%).

Ongeveer 8.7% van die bevolking praat Engels by die huis, wat beteken dat meer huishoudings Afrikaans praat as Engels.

Die aantal Suid-Afrikaners wat isiZulu praat, het met 1.7% toegeneem sedert 2011, terwyl isiXhosa met 0.3% toegeneem het.

Afrikaanssprekendes het wel met 2.9% afgeneem.

KYK: Oulike twee-jarige sing SA volkslied uit volle bors

Die sensus het ook die nuutste statistieke oor geloof bekendgemaak.

Die meerderheid van Suid-Afrikaners (85.3%) is volgens die statistieke Christen, gevolg deur 7.8% van die bevolking wat ander tradisionele Afrika gelowe volg.

Ongeveer 1.6% van die bevolking is Moslem, en 2.9% volg ander gelowe. 

Meer hier:

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: iStock

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories