KYK: SA bekendes sing 'Lisa Se Klavier' op Jacaranda FM

KYK: SA bekendes sing 'Lisa Se Klavier' op Jacaranda FM

Suid-Afrikaanse bekendes Marlee van der Merwe, Altus Theart, Liza Nel en Neels Clasen het 'Lisa se Klavier' op Breakfast with Martin Bester opgetree.

Lisa se klavier cast
Jacaranda FM

'n Splinternuwe Afrikaanse mini-musiekspel by die Staatsteater vanaf 3–12 NOVEMBER 2023. In 'n kroeg-teater in Pretoria kruis vier mense se stories. Lisa, gespeel deur Marlee van der Merwe, 'n klassieke pianis in haar laat-30s is oppad land uit. 

'n Eens rebelse 'rocker', Altus Theart, is nou rigtingloos en verveeld. Sy jong meisie-kelnerin-sangeres, Liza Nel, droom van roem in die musiekbedryf. ’n Lewenswyse kroegman, Neels Clasen, is opsoek na 'n 'live band' vir die groot heropening na COVID-19. 

KYK: Mej. Wêreld Rolene Strauss verklap groot nuus!

'n Liefde vir goeie musiek vervleg vriendskap en komedie, verlies en hoop. Vertel deur Afrikaanse treffers oud (Koos Kombuis, Laurika Rauch, Richard van der Westhuizen, Stef Bos en Johannes Kerkorrel) en nuut (Spoegwolf, Tasché, Dewald Wasserfall, Elandré, Francois van Coke, Karen Zoid en TWEE). Met 'n witwarm 'live band' onder leiding van maestro Johan Kelber. 

Vervaardig deur die ervare span van Add-Life Productions (ESTER, LIEFLING, ASPOESTERTJIE) beloof LISA SE KLAVIER om ’n hoogtepunt in Afrikaanse teater te wees. Kry jou kaartjies sommer vandag! 

Om die mini-musiekspel te vier het Van Der Merwe, Theart, Nel en Clasen hulle weergawe van 'Lisa Se Klavier' opgetree.

Kyk hier:

Opsomming: 

Na haar egskeiding en die verlies van haar geliefde vleuelklavier (’n erfstuk van haar ouma), bevind Lisa haarself in Pretoria oppad na Nederland weens uitgerekte inperkingsregulasies. Sy reageer op ’n advertensie vir ’n klawerbordspeler by ’n plaaslike kroeg wat voorberei om met lewendige musiek na Covid weer te oop te maak. 

Wanneer sy by die repetisies aansluit, is Lisa verbaas om te ontdek dat die hoofsanger van die ‘band’ Wolf is, haar voormalige minnaar van hul universiteitsdae. 

Sy het hom gelos vir haar nou eks-man, en hul herontmoeting ontlont allerhande emosies. Hul gedeelde liefde vir musiek skep die moontlikheid van ’n tweede kans op liefde, maar ou wonde duik egter weer op, wat lei tot ’n finale argument wat herinner aan die kwessies wat hulle jare gelede uitmekaar gedryf het. 

KYK: Talle sing vir Bokke uit volle bors op vlug

Lisa besluit om by die openingsaand op te tree, maar beplan om daarna haar reis na Europa voort te sit, omdat sy glo dat daar niks vir haar in Suid-Afrika oor is nie.

Op die aand van die openingsvertoning kom Lisa by die kroeg aan om ’n verstommende gesig te vind: haar ouma se vleuelklavier op die verhoog. Onbekend aan haar, het Wolf die diepte van sy gevoelens besef en teen tyd gejaag om die klavier op te spoor en aan te skaf. Met hierdie groot gebaar hoop hy om haar hart terug te wen.

Datums en tye van vertonings: 

Vrydag ​​03 November - 19:00

Saterdag​ 04 November - 11:00 

Saterdag ​04 November - 15:00 

Sondag​ 05 November - 11:00 

Sondag​ 05 November - 15:00

Vrydag​​ 10 November - 19:00

Saterdag​ 11 November - 11:00 

Saterdag ​11 November - 15:00 

Sondag​ 12 November - 11:00 

Sondag​ 12 November - 15:00

Kaartjies vanaf R230 tot R300

Kaartjies beskikbaar by www.webtickets.co.za

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Jacaranda FM

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories