Nataniël in die sop oor 'rassistiese' opmerkings

Nataniël in die sop oor 'rassistiese' opmerkings

Die bekende sanger, akteur en aanbieder het onlangs om verskoning gevra vir sy 'rassistiese' uitlatings oor Chinese mense.

Nataniël
X/ Screenshot

Sanger en kunstenaar Nataniël is vas gevat na hy verlede week tydens die openingsaand van sy vertoning 'Prima Donna' by Montecasino rassistiese uitlatings oor Chinese mense gemaak het. 

Nataniël het volgens Netwerk 24, onder andere gesê dat Chinese "verskriklike" mense is was Moslems dood maak. 

Die bekende kunstenaar het ook na bewering gesê dat "jy moet altyd onder produkte kyk en as jy sien dit is in China gemaak, moet jy dit terugsit op die rak," waarnaa hy gemaak het of hy spoeg. 

"Kruisig my by all means. Maar weet net my bedoeling is nie om te veralgemeen nie. Natuurlik het ek foute en as ek enige aanstoot gegee het, is ek jammer," het hy aan Rapport gesê.

KYK: Tuinier gooi beweerde dief met bakstene

Hy het ook gesê hy verstaan waarom mense hom "in ’n boom wil ophang" en hom veroordeel oor sy uitsprake oor Chinese mense. 

Francis Lai Hong, adjunkvoorsitter van The Chinese Association (TCA) in Johannesburg, sê Nataniël se uitsprake is aanstootlik en rassisties berig Netwerk 24.

"Om 'n spesifieke rassegroep so blatant aan te val, is heeltemal onaanvaarbaar," sê hy.

"Aangesien hy sy uitsprake in die openbaar gemaak het, verwag ons dat hy die moed (sal hê) om in die openbaar verskoning te vra." 

Nataniel het wel ontken dat hy rassisties is. 

"Daar is nie 'n Chinees op aarde met wie ek 'n probleem het nie. Maar ek het wel 'n probleem met die Chinese regering. Die Chinese regering vervul my met vrees soos enige ander regering op aarde." 

Nataniël sê dat hy nie bedoel het om te veralgemeen nie en dat sy stelling veronderstel was om 'n grap te wees. 

"Ek het dit dalk in Afrikaans verkeerd uitgedruk. Almal wat my werk ken, weet ek kom van 'n plek van ongelooflike liefde vir die planeet, vir kinders en vir mense."

LUISTER: Angie Oeh 'leeu met katjie hart', sê vriend Peach van Pletzen

Hy het ook bygevoeg dat hy gereeld opmerkings oor ander lande se kulture maak.

"Wat ek (oor Chinese) gesê het, is nie heeltemal ongegrond nie. Dit is in hul geskiedenis en as jy 'n Chinese boek lees oor koskultuur dan sal (jy sien dat) hulle hondjies eet.

"En daar is ook in die hele wêreld vrae oor wat gebeur met hierdie mense (Moslems) wat in kampe aangehou word en niemand kan antwoorde kry nie.

"Ek noem dit net, maar ek maak nie ’n debat daaroor nie of lewer nie kommentaar nie, want dit het niks te doen met een enkele mens uit ’n land uit nie. Want hulle het ook nie beheer oor wat gebeur nie."

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: X/ Screenshot

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories