Ontmoet die 16 deelnemers van 'Plaasjapie' seisoen 2

Ontmoet die 16 deelnemers van 'Plaasjapie' seisoen 2

Die bekende kykNET-reeks 'Plaasjapie' is terug met sestien nuwe stadsjapies. 

PLAASJAPIE SEISOEN TWEE
Verskaf/ kykNET

Sestien betreklike rou stadsjapies word in die tweede seisoen van kykNET se 'Plaasjapie'-reeks aan die meeste van die elemente van plaaslewe blootgestel.

KYK: Brendan Peyper kies droommeisie op 'Op My Eish!'

'Plaasjapie', wat 'n eg Suid-Afrikaanse werklikheidsreeks is, begin op Donderdag 18 April om 20:00 op kykNET en die aanbieder van die reeks is weer die 'Bravo!'-aanbieder Ewan Strydom.

Die nuutgevonde plaasjapies, wat van Piet Retief tot Windhoek kom, bestaan uit agt mans en agt vroue tussen die ouderdomme van 20 en 55.

In die reeks, waar die wenner moontlik met R1-miljoen kan wegstap, moet die deelnemers kaalhand 'n verskeidenheid boerdery aktiwiteite en uitdagings, wat hul uithouvermoë of wilskrag toets, aanpak - sonder katoeters of moderne tegnologie.

LEES: Hannon Bothma se Julius veilig gevind

Kyk hier:

Ontmoet die sestien deelnemers:

STANLEY VENTER (24): Motoronderdeleverkoopsman, Pretoria

Stanley is verloof aan Cione de Witt.

RIAAN SNYDER (30): SHEQ-offisier (Veiligheid-, gesondheid- en omgewingsbestuur), Piet Retief

Riaan is enkellopend.

ANDRÉ MOUTON (44), Padskraper-operateur, Pacaltsdorp naby George

André is al die afgelope 18 jaar met Karen Mouton getroud, en hy is die pa van twee dogters, Kate (17) en Andrea (13).

ETIENNE DE VILLIERS (36), Bruilof- en geleentheidsbeplanner (Eienaar en uitvoerende hoof van ART Weddings & Events), Pretoria-Oos

Etienne is verloof aan Leo de Veer.

BLUE KESTER (39), Gemeenskapsontwikkelingskoördineerder, Bellville

Blue bly naby Kaapstad, is enkellopend en het geen kinders nie.

LIOVIAN ANDERSON (40), Entrepreneur, Paarl

Liovian is  getroud. Sy en haar man, Kirby, het twee kinders: Kirstin-Jade (15) en Joshua (11).

MICHELLE DE WAAL (42), Mediese-verteenwoordiger, Windhoek (Namibië)

Michelle is getroud. Sy en haar man, Darius, het drie kinders: Jaiden (17), Danielle (15) en Jan (10).

MILANDIE GRIMBEEK (32): Haarstilis, Beaufort-Wes

Milandie is die afgelope drie jaar reeds met Francois Barnard getrou. Hulle het twee hondekinders, Mila en Chloe.

ZANIE VAN RENSBURG (53), gewese gim-eienaar en deesdae verkoper van sporttoerusting, Pretoria

Zanie is die ma van twee seuns en ’n dogter: Benhard (27), Zanre (24) en HJ (20).

ANELDA PRICE (24), Finalejaarstudent in maatskaplike werk, Parow-vallei

Anelda is tans in ’n verhouding en hoop om vanjaar haar graad te verwerf.

JANNIE HOLSTHYZEN (20), Voorraadverkope by ’n motorhandelaar, Wonderboom-Suid

Jannie is enkellopend.

PIETER GOUWS (28), Meganiese ingenieur, Kaapstad

Pieter sê hy weet dis skokkend, maar hy is nog ’n alleenloper.

LIEZLE WIESE (56), Verkoopsverteenwoordiger en bemarker in die konstruksiebedryf, Germiston.

Liezle is getroud. Sy en haar man, Colin, het drie dogters: Lechien (34), Carmen (33) en Ciara (25).

DONOVAN MASSYN (34), Senior handelsrekeningbestuurder, Pretoria-Oos

Donovan is in ’n verhouding.

DANIELLE REINECKE (24), Somatoloog, Rustenburg

Danielle is met Darryn Reinecke getroud.

MONIQUE HOBKIRK (42), Somatoloog, Nelspruit

Monique is ’n enkelma met twee kinders: Jake (14) en Amie (11).

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Verskaf/ kykNET

MEER OP JACARANADA FM


Show's Stories