Brendan Peyper praat oor skokkende 'Op My Eish'-oomblik

Brendan Peyper praat oor skokkende 'Op My Eish!'-oomblik

Suid-Afrikaanse sanger Brendan Peyper het die ikoniese liedjie, 'Can't Help Falling In Love' gesing en ook oor die kykNET-realiteitsprogram, 'Op My Eish!' gesels. 

BRENDAN PEYPER SINGING MONDAY
Jacaranda FM

Die geliefde sanger Brendan Peyper het met Breakfast with Martin Bester gesels oor die realiteitsreeks 'Op My Eish!' en sy ervaring op die program. 

LEES: Mej. Suid-Afrika Natasha Joubert is verloof!

Peyper het ook meer gedeel oor die skok-oomblik toe een van die deelnemers, Runet van Heerden, besluit het om nie die reis verder aan te pak nie.

LEES: Onverwagse wending toe 'Op My Eish!'-deelnemer self besluit om huistoe te gaan

Die 'Toer Om Die Vloer'-sanger het aan Martin Bester vertel dat hy geskok was, maar dat hy dit verstaan het en ook nie regtig 'n spark gevoel het nie. 

Luister hier:

Om die Maandagoggend reg af te skop het die 27-jarige ook sy weergawe van Elvis Presley se 'Can't Help Falling In Love' opgetree.

Kyk hier:

Die sanger het ook die goeie nuus van sy nuwe enkesnit 'Soen Soos Wat Jy Dans' gedeel. 

Peyper is elke Donderdag te sien op die realiteitsreeks 'Op My Eish!' om 20:00, net op kykNET (DStv-kanaal 144).

@jacabreakfast #HowHardCanItBe to do the #Beyonce #TexasHoldEm #DanceChallenge featuring @Brendan Peyper 😂 How did the team do? #Fyp #Dance #ForYouPage #2024 #Trend #Viral #OpMyEish #MusicTok #Gauteng #Music #JacaBreakfast #Challenge ♬ TEXAS HOLD 'EM - Beyoncé

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Jacaranda FM

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories