'Vetkoekpaleis' se 'Boeboe' is opsoek na liefde
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Aktrise Liane Heyl wil haar soeke na liefe na die TV-skerm bring.

Die geliefde Suid-Afrikaanse aktrise Liane Heyl, wat veral bekend is vir haar rol as 'Boeboe' in 'Vetkoekpaleis', is opsoek na liefde en waar beter om te soek as op televisie?
Heyl het aan Huisgenoot verklap dat sy graag 'n werklikheidsreeks, 'Boeboe Soek Liefde' na Suid-Afrikaanse TV-skerms wil bring.
KYK: Ampie, Radio Raps en Dricus du Plessis stel enkelsnit 'Allie Manne' vry
Die konsep is as 'n TV-reeks saamgestel wat 'Boeboe' in haar soeke na liefde sal volg.
Alhoewel die konsep nog nie deur enige TV-kanaal opgetel is nie, sê Heyl dat sy wel duim vas hou.
"'n Mens kom op 'n plek in jou lewe waar jy nie meer alleen wil wees nie. Ek sê alyd vir mense: Ek wil nie meer alleen winkel toe gaan vir 'n baguette en olywe nie. Die rede is iets so random soos dit," vertel sy.
LEES: 'The Voice SA' se William Wolf deel opwindende nuus
Al is haar soeke na liefde nie so suksesvol nie, is die aktrise se loopbaan op die silwerskerm nog sterk aan die gang.
Heyl is onlangs vir 'n Silwerskermfees-prys vir haar rol in 'Poena' benoem waarin sy die geliefde van 'Poena' (Robbie Wessels) se oupa 'Poen' (At Botha) speel.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
LISTEN: Widow's new partner upset about old wedding ring
There is no one-size-fits-all when it comes to navigating grief.
The Drive with Rob & Roz 10 hours ago -
WATCH: Wimbledon champion shares sweet moment with young royals
Which is rarer: meeting a Wimbledon winner or a British Royal family mem...
The Drive with Rob & Roz 10 hours ago