Willem Kruger se liggaam gevind bevestig spesialis ondersoeker

Willem Kruger se liggaam gevind bevestig spesialis ondersoeker

Breakfast with Martin Bester het met spesialis ondersoeker Mike Bolhuis gesels na vermiste Willem Kruger se liggaam gevind is. 

Willem Kruger Profile File Photo
Facebook

Willem Kruger (29) wat op die 13de November 2022 omstreeks 01:15 by 'n lodge tussen Morgenzon en Amersfoort vermis geraak het, nadat hy ‘n ram-partytjie bygewoon het, se liggaam is Dinsdag in die Vaalrivier gevind. 

LEES: Willem Kruger se liggaam in Vaalriver gevind

Ondersoeker Sakkie Louwrens het die hartseer nuus aan Jacaranda FM News bevestig. 

Volgens, spesialis ondersoeker Mike Bolhuis is Kruger se Toyota Hilux bakkie deur polisie duikers in die Vaalrivier gevind.

Die 29-jarige se selfoon en voertuig ‘tracker’ het getoon dat hy nog in die omgewing van die lodge was. 

Daar was reeds sterk vermoede dat Kruger by 'n laagwaterbrug afgery het en dat hy en sy bakkie in die rivier is. 

LEES: Vermiste Willem Kruger vermoedelik "in rivier beland"

Volgens Netwerk 24 het 'n deskundige wat motorongelukke rekonstrueer Saterdag bevind dat die bakkie in die rivier ingery het. 

Die bakkie sowel as die lyk van 'n man is Dinsdag deur polisieduikers gevind. 

Sien die foto's hier:

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories