Good Morning Angels New Year's Edition: Student needs some angel intervention

Good Morning Angels New Year's Edition: Student needs some angel intervention

Carli van Jaarsveld has defied the odds, aced matric, secured university selection - all she needed was some angel intervention from Willard Batteries.

Good Morning Angels New Year's Edition
Jacaranda FM

BACKGROUND: 18-year old Carli van Jaarsveld is a hard worker and achiever. She does not look at the adversities in her life as excuses. When life gets tougher, she works harder. With weekend and holiday work, Carli paid her own school fees, to take the pressure off her parents. When her dad was retrenched at an Emalahleni mine seven years ago, and her mom had to be treated for cancer, Carli made a plan. Not only did Carli play provincial hockey, but she also excelled at public speaking, was chosen as Head Girl of her school and well academically. She was selected to study at Potch University and also received a leadership bursary. Her very proud aunt wrote to Good Morning Angels asking for assistance with the one thing Carli cannot sort herself - her fees.

REQUEST FOR: Carli van Jaarsveld

REQUEST FROM: Elsabé Cairncross

ANGEL: Corné Strydom representing Willard Batteries, powering the Good Morning Angels New Years’ Edition

SPONSORING: The Willard team assist Carli’s fees at Potch University for her first year, totalling R57 000,00!  

ORIGINAL REQUEST: 

Goeie naand Martin en Angels ....

Ek glo julle kry baie hulp aansoeke.

Ek wil graag die unieke, spesiale Hoofdogter van Generaal Hertzog Hoërskool Witbank aan julle voorstel. Sy kon op die stadium toe sy Hoërskool toe moes gaan, kies om na Afrikaans Meisies skool of Curro of Cambridge toe te gaan, na aanleiding van haar uitstekende sport en skool prestasies. Maar, sy het op haar versoek na 'n gewone hoofstroom skool toe gaan sodat die fondse wat haar ouers bymekaar kon kry vir haar suster se aanlyn opleiding gebruik kon word.

Haar pa, het sewe jaar gelede sy inkomste verloor en sukkel sedertdien om die mas finansieel op te kom.  Hy doen vryskut adviseerende werk op aanvraag, wat 'n druppel in die emmer is.

Haar moeder is in dié tyd met 'n ernstige cromositoom gediagnoseer en moes noodsaaklike mediese behandeling ontvang. Die moeder is ook hoof-broodwinner. Carli het in dié tyd ingestaan om te help met die versorging van haar 2 jonger susters.

Deur dit alles het sy by alle aktiwiteite op skool ingeskakel: op die sportveld in hokkie provinsiale kleure verkry, Artuim en Redenaars sertifikate ingeryg. En is as hoofdogter aangewys by haar skool.

Weereens het sy haarself beskikbaar gestel en al die verpligtinge sonder enige additionele finansiële ondersteuning bereik. Sy het haar eie skoolgeld betaal deur naweke en vakansies te werk. Weens haar puik prestasies, het sy keuring en ’n gedeeltelike beurs gekry om te gaan studeer in Potchefstroom.

Maar, sy het nie genoeg vir alle klasgeld en verblyf nie. Sy benodig R50 000 vir haar 1ste jaar.

Carli is bereid om dit aan 'n firma wat haar kan borg terug te werk na haar studies voltooi is. Asb kan julle 'n Angel kry wat hierdie kind kan help. Ek gaan haar kos- en sakgeld vir haar borg vir die 1e jaar.

Sy het so hard gewerk om tot hier te kom en glo God sal 'n Engel hê wat vir haar 'n uitkoms sal bring. Haar leuse is: Ek doen my bes, God doen die res. 

Ek glo julle sal haar kan help. 

Skakel my gerus vir besonderhede.

Baie dankie,

Elsabe Cairncross (Carli se Tannie)  

Show's Stories