KYK: 'Vetkoekpaleis'-akteur deel opwindende babanuus
Updated | By The Drive with Rob and Roz
Na 17 mislukte pogings met in vitro-bevrugtingsbehandeling (IVF), is daar 'n helder lig aan die einde van die tonnel vir Alvin en Anrika Bruinders!
Alvin Bruinders het vir homself naam gemaak op Suid-Afrikaners se televisieskerms as 'Sheridan' in die gewilde SAUK-sepie, 'Vetkoekpaleis'.
Maar vir die laaste paar jaar is sy grootste en belangrikste rol as pa.
VIDEO: Simoné Pretorius deel fopspeen 'begrafnis'
Alvin en sy vrou, Anrika,het 'n sewe-jarige seun, Avrick, maar wil nog altyd 'n familie van vier wees.
Dit is ongelukkig nie só maklik vir paartjies om swanger te raak nie. Ongeveer 1 uit elke 7 paartjies sukkel om swanger te raak.
KYK: Oud-Springbok deel babanuus!
Alvin en Anrika vertel aan Huisgenoot dat hulle al vir jare probeer het vir nog 'n babatjie deur IVF en na 17 mislukte pogings het hulle amper heeltemal opgegee.
Hulle was teleurgesteld en hartseer, maar hulle het aanhou probeer tot hulle emosioneel en finansieel amper uitgeput was.
LISTEN: Roz talks about solving school drama
Toe besluit hulle op 'n surrogaat.
Nou het die paartjie onlangs hulle geslagbekendmaking gevier en die familie is gelukkiger as ooit!
Die ouers kan nie wag om hulle babadogtertjie te verwelkom nie, en alhoewel dit nie so lyk nie sê Anrika dat Avrick "sê hy gaan sy sussie oppas en lief wees vir haar".
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Foto: Anrika Bruinders/Instagram
More on Jacaranda FM
Show's Stories
-
Warning for South African homeowners with boreholes
The South African government is coming after homes with boreholes.
Breakfast with Martin Bester 10 hours ago -
8 facts about hidden details in Meghan Markle's historic wedding dress
On the eighth anniversary of the Duke and Duchess of Sussex's wedding…
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago