KYK: 'Vetkoekpaleis'-akteur deel opwindende babanuus

KYK: 'Vetkoekpaleis'-akteur deel opwindende babanuus

Na 17 mislukte pogings met in vitro-bevrugtingsbehandeling (IVF), is daar 'n helder lig aan die einde van die tonnel vir Alvin en Anrika Bruinders!

KYK: 'Vetkoekpaleis'-akteur deel opwindende babanuus
@anrikabruinders/Instagram

Alvin Bruinders het vir homself naam gemaak op Suid-Afrikaners se televisieskerms as 'Sheridan' in die gewilde SAUK-sepie, 'Vetkoekpaleis'. 

 Maar vir die laaste paar jaar is sy grootste en belangrikste rol as pa.

VIDEO: Simoné Pretorius deel fopspeen 'begrafnis'

Alvin en sy vrou, Anrika,het 'n sewe-jarige seun, Avrick, maar wil nog altyd 'n familie van vier wees.

Dit is ongelukkig nie só maklik vir paartjies om swanger te raak nie. Ongeveer 1 uit elke 7 paartjies sukkel om swanger te raak. 

KYK: Oud-Springbok deel babanuus!

Alvin en Anrika vertel aan Huisgenoot dat hulle al vir jare probeer het vir nog 'n babatjie deur IVF en na 17 mislukte pogings het hulle amper heeltemal opgegee.

Hulle was teleurgesteld en hartseer, maar hulle het aanhou probeer tot hulle emosioneel en finansieel amper uitgeput was.

LISTEN: Roz talks about solving school drama

Toe besluit hulle op 'n surrogaat.

Nou het die paartjie onlangs hulle geslagbekendmaking gevier en die familie is gelukkiger as ooit!

Die ouers kan nie wag om hulle babadogtertjie te verwelkom nie, en alhoewel dit nie so lyk nie sê Anrika dat Avrick "sê hy gaan sy sussie oppas en lief wees vir haar".

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media:

Foto: Anrika Bruinders/Instagram

More on Jacaranda FM


Show's Stories