LUISTER: Mevrou is nie 'n klip vir 'n winskopie nie
Updated | By Gerda de Sousa
Mevrou staan nie terug as daar 'n goeie
uitverkoping is nie, en hierdie is die week vir winskopies!
Van Kersfees geskenke tot huishoudelike skoonmaakmiddels, is alles op die lysies vir wanneer die winkels oopmaak vir Black Friday.
Daar is egter een groot vrees vir Gerda de Sousa en Dianne Broodryk: daardie pragtige paar skoene wat sy reeds gekoop het, is nou op 50% afslag.
Luister na Episode 11 hier:
Dianne is trots om te sê dat as dit by uitverkopings kom, is sy die koningin van winskopies.
Sy dra steeds daardie paar stewels wat sy jare terug op 'n groot afslag gekoop het en daar het sy die mag van 'n goeie winskopie eerstehands beleef.
Sedertdien het Dianne al mooi geleer wanneer om haar beursie oop te maak en wanneer die winskopie te goed is om waar te wees.
Hierdie jaar is daar vir die eerste keer, ook geen kinders op Dianne se lysie nie… dit gaan geld spaar!
Al wat Gerda soek, is toiletpapier op afslag.
Dit voel vir haar asof sy altyd vol prys moet betaal want wanneer die toilet papier in hulle huis op die laaste velletjie is, is dit presies wanneer toilet papier nie op afslag is in die winkels nie.
Die twee is besig met hulle Black Friday-lysies en dié jaar onderneem hulle om die beursies toe te knyp en te hou by die lysies.
Maar natuurlik is daar die uitsonderings op elke reël – geen vrou is 'n klip in 'n winkel vol rakke met uitverkopings nie.
Mevrou Mevrou is ‘n oorspronklike Afrikaanse potgooi deur Jacaranda FM waarin twee “gesoute” radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met ‘n lekker ou stoep kekkel.
Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma’s wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens.
In hierdie eksklusiewe potgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.
Hulle mag dalk op ‘n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.
Mevrou Mevrou word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep.
Luister na die vorige episodes:
Show's Stories
-
Into the New World': the K-pop song that became South Korea'
A cheerful song by one of the most successful K-pop girl groups has emer...
The Drive with Rob & Roz 15 hours ago -
VIDEO: Lisa Kudrow shares sad admission about 'Friends' cast
The one where Lisa Kudrow, aka Phoebe Buffay, talks about Matthew Perry'...
The Drive with Rob & Roz 16 hours ago