LUISTER: Mevrou en die skommel vir die rommel trommel
Updated | By Gerda de Sousa
Mevrou is besig met planne om die huis skoon te kry vir die nuwe jaar, en deel hiervan is om ontslae te raak van alles wat nie meer gebruik word nie.
Die reuse vullisdrom is bestel om vir drie dae in die oprit te staan sodat al die opgaar-goed weg gegooi kan word.
Dit is egter makliker gesê as gedaan, want in dié Mevrouens se huise is dit moeilik om enige iets weg te gooi, maak nie saak hoe stukkend of lang vergete dit is nie.
Gerda de Sousa en Dianne Broodryk is egter vas beslote dat daar dié jaar geen genade gaan wees nie – die rommel-trommel-seisoen is hier...
Luister na Episode 10 hier:
Gerda maak reg vir haar jaarlikse ritueel, wanneer sy die hoeke, laaie en kaste van die huis skoon kry vir die jaar wat kom.
Sy het reeds die groot vullisdrom bestel en sy is besig met haar lysies oor wat in die skoonmaaksessie in die slag gaan bly.
Die grootste uitdaging is egter om haar man en seun se samewerking te kry – hulle gaar op en is nie baie geneë om weer uit te gooi nie.
Dianne voel dieselfde, dit is vir haar moeilik om te besluit wat om van ontslae te raak.
Maar hierdie jaar is sy oorgehaal – haar huis het self 'n paar rakke wat moet leeg kom.
Selfs sy weet dat daar baie laaie vol ou drade, herlaaiers, knoppies en skroewe is wat niemand ooit weer sal gebruik nie.
Miskien moet hulle aan 'n nuwe strategie dink om die familie se samewerking om te koop – daar moet 'n manier wees om daai rommel trommel vol te kry sonder dat dit op 'n stryery uitloop.
Mevrou Mevrou is 'n oorspronklike Afrikaanse potgooi deur Jacaranda FM waarin twee "gesoute" radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met ‘n lekker ou stoep kekkel.
Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma's wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens.
In hierdie eksklusiewe potgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.
Hulle mag dalk op 'n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.
Mevrou Mevrou word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep.
Luister na die vorige episodes:
Show's Stories
-
Into the New World': the K-pop song that became South Korea'
A cheerful song by one of the most successful K-pop girl groups has emer...
The Drive with Rob & Roz 17 hours ago -
VIDEO: Lisa Kudrow shares sad admission about 'Friends' cast
The one where Lisa Kudrow, aka Phoebe Buffay, talks about Matthew Perry'...
The Drive with Rob & Roz 17 hours ago