Mevrou word gevonnis

Mevrou word gevonnis

Nes jy dink jy het nou al alles gesien, gehoor en beleef … dan slaan hy jou van 'n kant wat jy nooit verwag het nie! 

Mevrou Episode 4
Jacaranda FM

Mevrou se besoek aan die tandarts eindig in 'n 12 tot 16 maande vonnis: Draadjies!

In die vierde episode van 'Mevrou Mevrou', onthul Dianne Broodryk aan Gerda de Sousa dat sy binnkort nie meer Sannie Se Sewe Sakke Sout sal kan sê nie.

Mevrou het hierdie een nie sien kom nie. 

Haar tande is sensitief, nie skeef nie - en ortodonsie is dan vir 'n tiener-kwaal, of hoe?

Is sy die oudste draadjie-pasiënt? Gaan sy verspot lyk? Gaan sy kan praat, want dis darem haar werk? Gaan dit seer wees?

Mevrou het baie vrae, maar gelukkig is haar vriendin al deur dié diepe waters met haar tienerseun en instaat om antwoorde en raad aan te bied.

'n Vonnis beteken nie altyd tronstraf nie. 

In dié geval, is dit Mevrou se tande wat agter tralies gaan wees, vir 12 tot 16 maande.

Mevrou Episode 4 banner
Jacaranda FM

'Mevrou Mevrou' is 'n splinternuwe en oorspronklike Afrikaanse-potgooi deur Jacaranda FM waarin twee "gesoute" radio-kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met ‘n lekker ou stoep kekkel.

Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma’s wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens. 

Mevrou Mevrou Generic
Jacaranda FM

In hierdie eksklusiewe porgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.

Hulle mag dalk op 'n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.

Luister na die vorige drie episodes:  

Show's Stories