Agter-die-skerms: Loki Rothman se musiekvideo vir 'Storie'

Agter-die-skerms: Loki Rothman se musiekvideo vir 'Storie'

Storie is die eerste enkelsnit vanaf Loki se langverwagte debuut Afrikaanse album, wat binnekort bekend gestel gaan word. 

storie bts 7
Verskaf.

Loki Rothman het self die lied neergepen asook saam Juan Floors Oosthuizen vervaardig en verduidelik dat die lirieke gebore is uit die oogpunt van iemand wat onseker is oor die persoon waarmee hulle in ‘n verhouding is. 

LEES OOK: New single and music video from folk sensation Faraway George

"Dit gaan oor die maak of breekpunt van ‘n verhouding, en die opweeg van hoe die lewe sal wees sonder die ander persoon,” verduidelik LokiStorie het ‘n goeie balans tussen die verskeie genres en klanke op die sanger se nuwe album. 

"Ek glo as mense van die liedjie hou, sal hulle ook die res van die album geniet,” voeg hy by.

Loki het ook onlangs die musiekvideo vir Storie geskiet. Die musiekvideo volg die verhaal van 'n vrou wat in 'n verhouding met Loki is. 

"Terwyl sy oppad is na my toe op 'n trein, ontmoet sy haar eks-ou en hulle gaan vir 'n koffie en dan detour sy op pad na my toe. Terwyl hulle op die date is, probeer die eks haar soen,"  verklap hy aan Jacaranda FM.

Kyk hieronder na die agter-die-skerms fotos van die musiekvideo-opname:

Hugo Brand behartig, onder andere, die regie en redigering, terwyl Lara Hattingh die musiekvideo vervaardig. 

Die musiekvideo word eksklusief op 4 Desember op JacarandaFM.com bekend gestel.

Show's Stories