Augusta Zietsman roer hartsnare met sielvolle nuwe kortalbum
Updated | By Jacaranda FM
Augusta beskryf 'Breekgoed' as 'n album wat in essensie die storie vertel van die verbrokkeling van 'n verhouding en die illusie van verlief wees.

Die jong aktrise en talentvolle musikant Augusta Zietsman verruil vir eers die opgewekte klanke van die treffers waarmee sy verlede jaar gedebuteer het vir vier meer sielvolle snitte op ʼn splinternuwe kortalbum (EP) getiteld 'Breekgoed'.
'Breekgoed' bevat vyf snitte getiteld 'Onderkant die berg', 'Probeer', 'Ontydig', 'Horison' en 'Soet Smag'.
Kyk haar musiekvideo vir 'Ontydig' hier:
Augusta beskryf 'Breekgoed' as 'n album wat in essensie die storie vertel van die verbrokkeling van 'n verhouding en die illusie van verlief wees.
FOTO’S: Aktrise Donnalee Roberts spog met nuwe babaseun
"Ek het die meeste van die liedjies geskryf in my vroeë twintigs – 'n tyd van groot ontnugtering," sê Augusta, wat al vier die liedjies self geskryf het. Wesley West het die album vervaardig.
"Musiek laat my toe om te sê hoe ek regtig voel oor goed. As ek voor die klavier sit en skryf kom al die opgehoopte gedagtes na vore en so doende kan ek daarmee vrede maak en aangaan."

Die sangeres en liedjieskrywer, wat voorheen liedjies soos 'Baljaar', 'Lekker hou' en 'Goeie nuus' uitgereik het, sê sy neem nie die gehoor in ag gedurende die kreatiewe proses nie maar hoop tog luisteraars vind aanklank by die boodskap van die musiek.
LUISTER: Demi Lee Moore en Die Heuwels Fantasties stel nuwe enkelsnit vry
Die aktrise en haar verloofde, Regardt Visser, pak saam die produksie van die musiekvideo’s aan.
Meer oor die kunstenaar:
Augusta Zietsman (28) is in Bloemfontein gebore en het haar kinderlewe op ’n plaas in die Vrystaat en in die Kalahari-dorp, Kathu, deurgebring.
KYK: 'Housewives' se Mariska verwelkom babaseun
Augusta is ʼn nuweling tot die vermaakbedryf en het eers as aktrise naam gemaak in die TV-rol van Suna in 'Die dinge van 'n kind', en daarna het sy in die Netflix-reeks 'Blood and Water' verskyn.
Haar eerste enkelsnit, 'Baljaar', is in 2022 uitgereik en sy het in 2023 haar eerste professionele lewendige optrede saam met die musiekgroepe Die Heuwels Fantasties en Spoegwolf gedoen.
Sy verskyn ook vanjaar in drie vollengte flieks waarvan die name nog nie bekend is nie.
Augusta tel musikante soos Koos du Plessis, Billy Holiday en Bob Dylan as haar inspirasies en sê op eie bodem sal sy graag saam met die musiekduo Van Pletzen wil werk.
'Breekgoed' is haar eerste kortalbum.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
A quick solution to stop the mozzies from biting you
This is a new one – who knew something that smells so sweet could help k...
The Workzone with Alex Jay 19 hours ago -
Kid gets head stuck in railing, but dad comes to the rescue
Daddy to the rescue...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 19 hours ago