'Housewives' se Mariska verwelkom babaseun

'Housewives' se Mariska verwelkom babaseun

Mariska Thorpe van 'Die Real Housewives van die Wynland' se pasgebore baba is uiteindelik hier!

Mariska Thrope en Quintus Thorpe
Instagram/ Screenshot - Mariska Thorpe

Realiteitster Mariksa Thrope en haar man, Quintus is nou 'n babaseuntjie ryker.

Thorpe en haar man het volgens berigte hulle tweede bondeltjie liefde Sondag in die wêreld verwelkom.

Gretha Wiid: "Nie 'n ondersteuner" van die LGBTQI+ advertensies

kykNET het Dinsdag 'n plasing op sosiale media gedeel om die 'Housewife' geluk te wens. 

"Baie, baie geluk aan Mariska met die geboorte van haar pragtige, gesonde babatjie. Dit gaan baie goed met babatjie en mamma," het hulle geskryf.

Op die Instagram-plasing kan slegs die kleinding se arm gesien word wat 'n kombersie vashou waarop staan: "Die beste ding wat 2023 gebring het".

KYK: Vrou jaag dief in Pretoria-koffiewinkel

Thorpe het in Mei vanjaar op 'n episode van 'Real Housewives' bekend gemaak dat haar dogter Ocean Noa (2) 'n ousus gaan word.

Sy het wel vroëer díe jaar al - by die bekenstelling van die realiteitsreeks - haar bababoep gewys.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories