Die Heuwels Fantasties se nuwe enkelsnit “Ons moet Leef” is pas uitgereik!

Die Heuwels Fantasties se nuwe enkelsnit “Ons moet Leef” is pas uitgereik!

Die Heuwels Fantasties se liedjies is al vir jare deel van die SA musiek-kultuur en hierdie liedjie gaan jou beslis goed laat voel!

Die Heuwels Fantasties - Ons Moet Leef
Verskaf/Die Heuwels Fantasties

Die sukses van die onlangse enkelsnit uitreikings “Jy Stel My Teleur” en die “Mejuffrou Sonneblom” het weereens bewys dat Die Heuwels Fantasties ongetwyfeld een van ons mees talentvolle en geliefde Afrikaanse groepe is. 

 

Die liedjie het vir die eerste keer op 24 April op Breakfast with Martin Bester gespeel. 

 

“Ons moet Leef” is een van daardie buitengewone liedjies wat alreeds vlamvat onder aanhangers. 


READ: #StayAtHomeLive: Tasché Burger impresses with 'The Story' performance


 

Fred den Hartog veduidelik hoe die liedjie ontstaan het:  “Hierdie song is op `n warm dag by ‘n hotel- swembad in Pretoria gebore. Ampie Du Preez en Hunter Kennedy is ou vriende- so dit was net ‘n kwessie van tyd voor die Heuwels iets saam met Ampie sou doen. 

 


 

“Ons moet Leef”, sowel as “Jy Stel My Teleur” en “Mejuffrou Sonneblom” is van die snitte op Die Heuwels Fantasties se vollengte album “2021” wat op 22 Mei uitgereik word. Die album bestaan uit 15 nuwe liedjies en is opgeneem by Sunset Recording Studios in Stellenbosch.


READ: Radioraps and Francois van Coke release lockdown song


 

Voorafbestelling vir die nuwe album getiteld “2021” kan nou geplaas word. 

Show's Stories