Esté en Lourens Rabé van Bottomless Coffee Band stel bekend, 'Jonk En Verlore'

Esté en Lourens Rabé van Bottomless Coffee Band stel bekend, 'Jonk En Verlore'

Die enkelsnit, 'Jonk En Verlore', is ‘n voorsmakie van die tweede hoofstuk uit die Bottomless Coffee Band se nuutste album, 'PREDIKER'. 

Bottomless Coffee Band
Verskaf/ Bottomless Coffee Band

In die 'Jonk En Verlore' musiekvideo word die verhouding tussen dit wat was en die realiteit van die hede, die frenetiese vryheid van jeugdigheid en die gegronde wysheid van ervaring, deurlopend teenoor mekaar opgestel. 

LEES: Elvis Blue sing Johnny Clegg treffer en gesels oor splinternuwe album

Regisseur en kinematograaf Corrie Uys gaan interessant te werk met herhaling en maak kreatiewe gebruik van versorgingstegnieke om ‘n unieke spanning tussen die hede en verlede, en die behoefte om terug te tree in iets wat was, te skep. 

Volgens Esté is 'Jonk En Verlore' ‘n terugskouing na hul studentedae: “ons kon ure lank verdwaal in die strate van Stellenbosch waar ons studeer het. Ons sou baie keer vir mekaar ‘n boodskap stuur, besluit ons gaan op ‘n avontuur en doodeenvoudig alles los en die dag laat uitspeel soos wat dit moet. Ons wou daardie dae-van-ouds vasvang en onsself herinner dat ‘n mens altyd die avontuur van die lewe moet najaag - nes in die ou dae.”

LEES: EKSKLUSIEF: Joernalis se verhouding met Krugersdorp-reeksmoordenaar eindig

Esté en Lourens meen dat met die skep van 'Hoofstuk Twee', 'Jonk En Verlore' die mees uitdagende snit was om aan lewe te skenk. Terwyl hulle graag ‘n nostalgiese sentiment wou vasvang, het hulle doelbewus die voor die hand liggende gebruik van akoestiese en outentieke instrumente wat gewoonlik met liedjies van dié aard geassosieer word, vermy. Die uitdaging was om die nostalgiese gees van die lirieke te behou, maar om die lied in ‘n moderne dans genre te skep. Hierdie fyn speling tussen die nostalgie van dielirieke en die moderne dans gevoel word ook in die musiekvideo op die voorgrond geplaas. Vervolgens voer hulle aan dat die musiekvideo “‘n brug bou tussen oud en nuut”.

LEES: FOTO'S: Gewilde 'Boer Soek 'n Vrou'-paartjie verloof

 Soos met 'Hoofstuk Een', kan aanhangers in hierdie hoofstuk ook ‘n diverse versameling enkelsnitte verwag. “Ons hou van die idee dat elke lied sy eie lewe en persoonlikheid moet kry. Ons altwee skryf, dit sorg vir verskillende style en natuurlike diversiteit in aanslag en styl en dit is ook vir ons belangrik om dit altyd te prioritiseer as ons musiek uitsit; al die kante van ons kreatiwiteit en al die moontlikhede van die musiek” voer Lourens aan.

Kyk na die musiekvideo hier: 

Show's Stories