EKSKLUSIEF: Joernalis se verhouding met Krugersdorp-reeksmoordenaar eindig

EKSKLUSIEF: Joernalis se verhouding met Krugersdorp-reeksmoordenaar eindig

Joernalis Marizka Coetzer se verhouding met een van die Krugersdorp-moordenaars, Le Loux Steyn het verbrokkel. Wat het werklik gebeur? Coetzer gesels met Rian van Heerden. 

Marizka Coetzer
Jacaranda FM

Voormalige Huisgenoot-joernalis Marizka Coetzer was een van die joernaliste wat aangestel was om die Krugersdorp-moordenaars te volg, maar dinge het 'n interessante en onverwagse wending geneem.

LEES: Gewilde 'Boer Soek 'n Vrou'-paartjie verloof

Coetzer het opslae gemaak nadat die nuus bekend geword het dat sy in 'n romantiese verhouding was met een van die reeksmoordenaars wat teregstaan het vir die moorde in Krugersdorp. 

 Coetzer en reeksmoordenaar Le Loux Steyn (destyds 22-jarige) se romanse het begin terwyl die verhoor aan die gang was.

LEES: "Ek is honger vir 'n nuwe rol"- Sean van Noordwyk groet sy geliefde karakter

Steyn is tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis.

In 2020, het Coetzer met Rian van Heerden gesels oor haar verhouding met Steyn, asook oor haar boek, 'Afspraakmoorde: Liefde In Die Tronk.' 

LEES: Neels van Jaarsveld “gelukkig” nadat hy ware liefde vind

"Wel, dit het perongeluk gebeur. Niemand besluit om eendag wakker te word en besluit om met 'n moordenaar uit te gaan nie. Ja, ek was getroud, maar na weke se ondersoek het ek op hom verlief geraak."

Vir week na week, het sy vir Steyn in die tronk gaan kuier. Sy het geglo dat sy hom kon oortuig om haar die volledige storie te vertel. 

LEES: '7de Laan' se kosbare paartjie trou

Volgens Coetzer, het Steyn vyf mense vermoor.

Na 'n jaar het die verhouding verbrokkel. Wat het werklik gebeur? Rian van Heerden gesels met Coetzer. 

Tune in to the 'Scenic Drive with Rian', weekdays from 16:00-19:00. Stream the show live here or download our mobile app here.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Jacaranda FM

Show's Stories