FOTO'S: '7de Laan' se kosbare paartjie trou

FOTO'S: '7de Laan' se kosbare paartjie trou

"Hul verhouding weerspieël die samelewing, nie net hier in Suid-Afrika nie, maar regoor die wêreld. Hoe meer mense aan hierdie werklikheid blootgestel word, hoe meer sal hulle verdraagsaamheid en aanvaarding in hul gemeenskappe beoefen."

7de Laan Troue
Verskaf/ 7de Laan/ Phillip Rabie Photography

'7de Laan' is bekend vir sy uitspattige troues, maar het dié keer ‘n tikkie klas en glans na die tafel toe gebring. Die storielyn – paartjie, 'Fikani' en 'Alexa' se se troue was die geleentheid waarna die meeste uitgesien was - en die bruilof het definitief nie teleurgestel nie.

LEES: '7de Laan' se Kristen Raath praat oor haar angswekkende raaiselsiekte

'Forever Filexa', die paartjie-naam wat kykers vir die geliefde karakters gegee het, spog met 'n tradisionele Tsonga- en 'n Westerse troue om elkeen se kulturele agtergrond te vereer. Die luukse dekor, elegante kleredrag en 'n spesiale opvoering deur Leah was van orde vir hierdie seremonies. Kykers word vir meer as drie dae vermaak met die unieke huwelikseremonies van die karakters, 'Alexa Welman' wat deur Carina Nel vertolk word en 'Fikani Chauke' wat deur Nicholas Nkuna vertolk word.

7de Laan Troue
Verskaf/ 7de Laan/ Phillip Rabie Photography
7de Laan Troue
Verskaf/ 7de Laan/ Phillip Rabie Photography

Om hierdie spesiale geleentheid te vier en oor die diversiteit van Suid-Afrika te reflekteer, het Nicholas Nkuna, wat ook 'n sanger en liedjieskrywer is, 'n lied vir sy TV- bruid geskryf en opgeneem wat lirieke in drie tale bevat, naamlik Afrikaans, Engels en Zoeloe.  

'7de Laan' kykers wag al sedert vroeg 2019 vir hierdie groot geleentheid. Destyds was die paartjie die teiken van rassistiese opmerkings, vanaf die mense wat teen die fiksionele verhouding gekant was.

LEES: ‘Kyk Wie Praat’ gaan sorg vir groot vermaak op kykNET!

Die TV-paartjie het hul romanse te danke aan Matrone wat “cupid” gespeel het. 'Matrone' het onkonvensionele metodes gebruik om die twee uiteindelik bymekaar te bring.

Dit was nie altyd maanskyn en rose nie en ‘n paar struikelblokke het in hul verhouding opgeduik. Alexa het met Bulimia gesukkel, 'Fikani' is geskiet, sy verlede het na vore gekom waarin 'Fikani' 'Matrone' se verbintenis met sy oorlede ma ontdek het, terwyl Alexa van aangesig tot aangesig met haar verkragter te doen gekry het. Die finale toets het ten vore gekom toe Alexa weg is om sendingwerk te gaan doen. Min verhoudings oorleef lang afstande, maar hulle het sterk gestaan en die finale struikelblok oorkom.

7de Laan Troue
Verskaf/ 7de Laan/ Phillip Rabie Photography
7de Laan Troue
Verskaf/ 7de Laan/ Phillip Rabie Photography

Carina Nel wat self getroud is, hou van troues, veral om te sien hoe die kreatiewe span se pragtige idees saam kom om so ‘n dag spesiaal te maak. "Anders as 'n ware bruid, het ek geen insette gehad nie, maar was mal oor elke detail van die TV-troue," sê Carina.

LEES: Olimpiese kampioen Wayde van Niekerk spog binnekort met 'n nuwe titel

Nicholas Nkuna – wat nog steeds ‘n gesogte losloper is, het dit geniet om homself in te dink in wat so 'n dag alles sal inhou as hy eendag sou besluit om self in die paadjie af te stap.

7de Laan Troue
Verskaf/ 7de Laan/ Phillip Rabie Photography

" Vanuit ‘n opvoedkundige- en vermaaklikheidsperspektief, was dit belangrik om die paartjie se liefdesverhaal sinvol te volbring,” sê Thandi Ramathesele, uitvoerende vervaardiger van 7de Laan. "Hul verhouding weerspieël die samelewing, nie net hier in Suid-Afrika nie, maar regoor die wêreld. Hoe meer mense aan hierdie werklikheid blootgestel word, hoe meer sal hulle verdraagsaamheid en aanvaarding in hul gemeenskappe beoefen," het Ramathesele gesê.

7de Laan Troue
Verskaf/ 7de Laan/ Phillip Rabie Photography

Show's Stories