‘Kyk Wie Praat’ gaan sorg vir groot vermaak op kykNET!

‘Kyk Wie Praat’ gaan sorg vir groot vermaak op kykNET!

Die program gaan beslis ’n kindersterretjie of drie skep en vir hope vermaak vir die hele gesin sorg!

Kyk wie praat op kykNET
Source: Supplied

Die nuwe kykNET vermaakprogram, ‘Kyk Wie Praat’ beloof om net die regte humoristiese medisyne hierdie winter te wees.

Hoe werk die program? Daar is ’n groepie bekkige kinders tussen die ouderdom van ses en nege aan wie vrae gevra word. Die vier volwasse deelnemers aan die program moet dan raai wat die kleingoed se antwoorde op die vrae was. Klink maklik, nè? Nie só maklik nie want kinders se antwoorde is nie so voorspelbaar soos wat ‘n mens dink nie!  

LEES: Olimpiese kampioen Wayne van Niekerk spog binnekort met 'n nuwe titel

Die vier deelnemers per program word rondte per rondte uitgeskakel tot net een oorbly. Op die spel is ’n naweek weg indien die deelnemer genoeg punte versamel het. Daar is ook ’n kans om R10 000,00 per program te wen, maar indien dié bedrag nie gewen word nie, staan dit oor tot ’n boerpot-prys wat in episode 13, die finale program in die reeks, gewen gaan word. In hierdie episode neem die vier deelnemers wat die meeste punte in die vorige twaalf programme ingesamel het, deel.

READ: 'OppieStoep' verwelkom ‘n nuwe aanbieder saam met Pietman

In elke program is daar nege kinders wat die vier deelnemers op hulle tone gaan hou.

Die aanbieder van ‘Kyk Wie Praat’ is die immergewilde De Klerk Oelofse. De Klerk het bekendheid verwerf deur verskeie teater produksies en TV reekse.

Die akteur en aanbieder gesels met The Scenic Drive with Rian oor die opwindende program!

“Ek dink een van die slegste dinge van ouer word, is om so ’n stukkie van jou onskuld te verloor,” sê De Klerk. “Kyk wie praat is my kans om opnuut na die wêreld te kyk deur die oë van klein mensies. Dis natuurlik ’n bonus dat hulle vrek snaaks is!”

READ: '7de Laan' se Kristen Raath praat oor haar angswekkende raaiselsiekte

Om die reeks af te skop, is vier bekendes gevra om aan die eerste episode deel te neem. Hulle is Emo Adams, Margit Meyer-Rödenbeck, Pierre Greeff en Tracey Lange. Die prysgeld in hierdie epiosde gaan na ’n liefdadigheidsorganisasie van hulle keuse.

‘Kyk Wie Praat’ begin op Donderdag 22 Julie om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae vanaf 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Verskaf/kykNET

Show's Stories