Olimpiese kampioen Wayde van Niekerk spog binnekort met 'n nuwe titel

Olimpiese kampioen Wayde van Niekerk spog binnekort met 'n nuwe titel

Wayde van Niekerk en sy vrou, Chesney, het dié opwindende nuus met aanhangers gedeel. 

Wayne van Niekerk
Instagram/ Chesney van Niekerk

Die Olimpiese gouemedaljewenner Wayde Van Niekerk en sy vrou, Chesney, verwag hul eerste baba.

LEES: ‘Kyk Wie Praat’ gaan sorg vir groot vermaak op kykNET!

Die 400 meter-kampioen het die nuus Maandag op sosiale media bekend gemaak. Die paartjie noem dat die geslag van hul pienkvoet ook verklap sal word. 

LEES: André Schwartz haal weer asem na noue COVID-19 ontkoming

Die Instagram-inskrywing bevat 'n illustrasie van 'n vrou wat hardloop met 'n vlag waarop staan: "Bun in the oven", gevolg deur 'n man wat agter haar hardloop, albei glimlaggend.

"Ons sien uit na hierdie proses en om 'n gesonde en geseënde swangerskap te hê," het Chesney op Instagram gedeel. 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae vanaf 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Instagram/ Chesney van Niekerk

Show's Stories