Olimpiese kampioen Wayde van Niekerk spog binnekort met 'n nuwe titel
Updated | By Scenic Drive With Rian
Wayde van Niekerk en sy vrou, Chesney, het dié opwindende nuus met aanhangers gedeel.
Die Olimpiese gouemedaljewenner Wayde Van Niekerk en sy vrou, Chesney, verwag hul eerste baba.
LEES: ‘Kyk Wie Praat’ gaan sorg vir groot vermaak op kykNET!
Die 400 meter-kampioen het die nuus Maandag op sosiale media bekend gemaak. Die paartjie noem dat die geslag van hul pienkvoet ook verklap sal word.
LEES: André Schwartz haal weer asem na noue COVID-19 ontkoming
Die Instagram-inskrywing bevat 'n illustrasie van 'n vrou wat hardloop met 'n vlag waarop staan: "Bun in the oven", gevolg deur 'n man wat agter haar hardloop, albei glimlaggend.
"Ons sien uit na hierdie proses en om 'n gesonde en geseënde swangerskap te hê," het Chesney op Instagram gedeel.
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae vanaf 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Foto: Instagram/ Chesney van Niekerk
Show's Stories
-
South African star to perform at FIFA World Cup opening ceremony
Bafana Bafana will go head-to-head with Mexico in the opening match.
Breakfast with Martin Bester 2 hours ago -
Date My Mom: Will there be a second date?
It was finally the Date My Mom finale, and our mom, Maché Lewis, chose the…
Breakfast with Martin Bester 3 hours ago