KYK: Neels van Jaarsveld “gelukkig” nadat hy ware liefde vind

KYK: Neels van Jaarsveld “gelukkig” nadat hy ware liefde vind

Wie wou jy gehad het moes Neels van Jaarsveld se hart gesteel het?

Neels van Jaarsveld
YouTube/ kykNET

Akteur Neels van Jaarsveld se reis opsoek na ware liefde was op kykNET (DStv-kanaal 144) vasgevang. 

Die aantreklike Van Jaarsveld het hulp van sy sogenaamde "wingman" ontvang, aanbieder Henré Pretorius

LEES: FOTO'S: '7de Laan' se kosbare paartjie trou

Pretorius het Van Jaarsveld bygestaan om sy perfekte pasmaat met die realiteitsprogram, 'Op My Eish', te vind. 

Van Jaarsveld het 'n spesiale persoon gesmag; iemand wat die vreugdes en hartseer van die lewe met hom kan deel en die normale dinge in die lewe kan geniet. En hy was ook opsoek na iemand wat hom kan laat lag. 

En nóú het hy daardie persoon gevind. 

LEES: '7de Laan' se Kristen Raath praat oor haar angswekkende raaiselsiekte

Hy noem dat 'Op My Eish' ‘n nuwe hoofstuk in sy lewe, een van avontuur en ‘n tuimeltrein met die moontlike hoop van liefde.

En na 13 weke het hy, Florinda Hearn, gevind. 

LEES: ‘Kyk Wie Praat’ gaan sorg vir groot vermaak op kykNET!

"Ons sien uit na wat die toekoms vir ons inhou. Dit is opwindend en ek is baie gelukkig," het Neels van Jaarsveld aan kykNET genoem. 

Kyk hieronder na die onderhoud: 

‘n Paar van Neels van Jaarsveld se gunsteling-dinge:

Kleur: Blou

Kos: Beeshaas

Dier: Luiperd

Reisbestemming: Kruger Nasionale Park, Rome en Zanzibar

Musiekgroep: Fleetwood Mac en Fokofpolisiekar                                                           

Boek: 'Still Life with Woodpecker' deur Tom Robbins

Stokperdtjies: Intelligente gesprekke, poësie, gholf en branderplankry


Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.


Foto: YouTube/ kykNET

Show's Stories