Wat lê nog voor vir akteur Sean van Noordwyk?

Wat lê nog voor vir akteur Sean van Noordwyk?

"Op hierdie oomblik is my lewe vir my tans ‘n skildery wat ek met wit verf oorgegaan het om weer van vooraf te begin."

Sean van Noordwyk
Verskaf/ Sean van Noordwyk

Dinsdagaand, 20 Julie, het kykers van die kykNET-sepie, 'Getroud Met Rugby', afskeid geneem van die geliefde karakter, 'Reitz Bekker'.

LEES: 'Getroud Met Rugby' se Sean van Noordwyk nóú Mnr. Wêreld Suid-Afrika

Sean van Noordwyk het einde Maart sy laaste toneel op stel as 'Reitz Bekker' verfilm. 

As finalejaar-dramastudent aan die Universiteit Stellenbosch, het Deon Opperman, die sepie se hoofskrywer en mede-vervaardiger, die rol van 'Reitz Bekker' vir hom aangebied.

LEES: Neels van Jaarsveld “gelukkig” nadat hy ware liefde vind

In 2016, het hy begin verfilm aan sy rol en het self sy graad ook voltooi. 

Vir amper vyf jaar het hy in die skoene van 'Reitz Bekker' gestap - hy het 'Reitz Bekker' geword. 

In November verlede jaar het hy die besluit geneem om sy vlere te sprei en sy karakter te groet. Hy en die span het besluit dat 'Reitz Bekker' as 'n held moes sterf. 

LEES: Kykers groet 'Binnelanders' se geliefde dokter

Na 'n motorongeluk, het 'Reitz Bekker' in die hospitaal beland. Hy was in 'n koma en toe later breindood verklaar. Sy TV-vrou, 'Amanda Bekker' (Natasja Jacobs), het op 15 Julie besluit om die masjiene te laat afskakel. 

Dean Paulse het met Sean van Noordwyk gesels oor sy tyd in die geliefde sepie en wat die toekoms vir hom inhou. 

Waarom wou jy 'Getroud Met Rugby' verlaat?

"Ek dink enige akteur in ‘n sepie weet dat daar ‘n baie grys area is rondom wanneer is die regte tyd om klaar te maak met ‘n karakter? Jy wil nie vir die res van jou loopbaan vasgevang wees in net een lig nie. ‘n Akteur se voedsel is om te groei en konstant hulself te verbeter in die kuns van toneel. Veral omdat 'Reitz Bekker' my eerste tree in die bedryf was, moes ek ‘n punt bereik waar ek my vlerke moes sprei om vir myself asook kykers te wys ek is multi-dimensioneel en nie net een-dimensioneel nie.

Sal jy graag weer in ‘n ander sepie wil speel? 

"Absoluut! As ek môre ‘n oproep kry vir ‘n nuwe rol by ‘n sepie is ek daar nog voor jy die oproep aflui. Ek is mal oor die roetine, struktuur, dissipline en harde werk wat betrokke is by ‘n sepie. Ek is eintlik so honger om ‘n nuwe rol in ‘n sepie aan te pak."

Wat lê nog voor vir Sean?

"Op hierdie oomblik is my lewe vir my tans ‘n skildery wat ek met wit verf oorgegaan het om weer van vooraf te begin. Ek is eintlik baie onseker, veral in hierdie onsekere tye wat die bedryf in is asook die wêreld met COVID. Daar is ‘n deel van my wat wil baklei vir myself as akteur, maar ook ‘n deel wat dalk wonder of ek nie weer Kaap toe moet trek na my ouers toe, my voete weer vind, en vars weer die lewe moet aanpak nie. Ek gaan nie lieg nie, om vir vier maande weg te kruip met dié geheim… dit kan jou selfvertroue bietjie van ‘n knak gee."

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Verskaf/ Sean van Noordwyk

Show's Stories