Kykers groet 'Binnelanders' se geliefde dokter

Kykers groet 'Binnelanders' se geliefde dokter

Dit was 'n emosionele week vir kykers van 'Binnelanders' nadat hulle 'n geliefde karakter moes groet. 

Binnlenaders/ Ilne Nienaber
Binnelanders/ kykNET

Aanhangers van 'Binnelanders' was vol hoop dat dr 'Elana Bester' (Ilne Nienaber) van haar gru-ongeluk sou herstel.

LEES: FOTO'S: '7de Laan' se kosbare paartjie trou

Na komplikasies, 'n infeksie en haar broer 'George' (Tiaan Rautenbach) se weiering om 'n nier aan haar te skenk, het sy gesterf. 

'George' was deels verantwoordelik vir 'Elana' se ongeluk.

Hy het nie sy motor se foutiewe handrem herstel nie. Sy motor het teen 'n ander motor in die parkeerterrein van die Binneland-kliniek gebots en die motor gevolglik in 'Elana' gerol. 

LEES: André Schwartz haal weer asem na noue COVID-19 ontkoming

Die motor het haar aan 'n pilaar met 'n kraan vasgepen, wat haar nier vernietig het. 

'George' het geweier om haar lewe te red. 

Die wyle geliefde dokter sal na haar dood steeds lewens red - volgens haar wense om 'n orgaanskenker te word. 

Haar verloofde, 'Steve', gespeel deur Clint Brink, moes uiteindelik afskeid neem.

LEES: '7de Laan' se Kristen Raath praat oor haar angswekkende raaiselsiekte

Dr 'Elana' se dood is 'n nuwe begin vir Ilne, wat besluit het om oorsee te trek. "Ek het tot die besef gekom dat ek die bande met 'Binnelanders' moes sny, sodat ek nie hoef terug te kom nie, sê Ilne.

"Ek wou nie spyt wees nie en daarom het ek gevoel dat my karakter moet sterf," het sy aan DStv genoem. 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae vanaf 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: 'Binnelanders'/ kykNET

Show's Stories