FOTO'S: Gewilde 'Boer Soek 'n Vrou'-paartjie verloof

FOTO'S: Gewilde 'Boer Soek 'n Vrou'-paartjie verloof

Kyk net die pragtige ring!

Boer Niel Bruwer en Cheree Maree
Instagram/ Niel Bruwer/ Inecke Photography

Niel Bruwer, 'n vrugteboer van Prince Alfred Hamlet, in die Wes-Kaap, is verloof aan Chereze Maree

Bruwer het op die vorige seisoen van die gewilde kykNET-program, 'Boer Soek 'n Vrou', verskyn.

Die paartjie het Saterdag verloof geraak - en het die opwindende nuus Maandag op sosiale media gedeel. 

LEES: "Ek is honger vir 'n nuwe rol"- Sean van Noordwyk groet sy geliefde karakter

Die paartjie het beide 'n kans gewaag nadat hul ingeskryf het vir 'Boer Soek 'n Vrou'.

"Hier (Lanzerac Estate) het ek 18 September ingery vroeg die oggend, gespanne, opgewonde en ook, maar verward, my karoo boerehart het nie geweet wat voorlê nie. Met hordes gebede en 'n oop gemoed het jy met jou swart rokkie en geel kopband ingestap met 'n houer ingelegte cherries vir my, ons reis het begin," het Niel op Instagram geskryf. 

LEES: Neels van Jaarsveld “gelukkig” nadat hy ware liefde vind

"Baie trane, opwinding, nuwe ervarings en 'n hele reeks van 'Boer Soek 'n Vrou' het ek jou nou gekry," het hy verder genoem.

Die paartjie het by Lanzerac Estate verloof geraak, waar hulle die eerste keer ontmoet het tydens 'Boer Soek 'n Vrou' se blitsafsprake. 

Die spesiale oomblik is deur Inecke Photography vasgevang.

Tune in to the 'Scenic Drive with Rian', weekdays from 16:00-19:00. Stream the show live here or download our mobile app here.

Foto: Instagram/ Inecke Photography

Show's Stories