Janie Bay reik nuwe akoestiese album, 'In Die Sitkamer' uit

Janie Bay reik nuwe akoestiese album, 'In Die Sitkamer' uit

'In die Sitkamer' bied ag akoestiese liedjies wat die afgelope jaar se drie treffers insluit, 'n duet met Hunter Kennedy 'Wag Vir Jou', asook 'n nuwe liedjie getiteld 'Herfs.'

janie bay
Janie Bay / Verskaf.

Die gewilde sangeres Janie Bay se musiek het sedert 2019 reeds meer as twee en `n half miljoen keer op digitale platforms gestroom. 

LEES OOK: Kyk Saarkie se musiekvideo vir 'Reënweer'

Bay se Afrikaanse enkelsnitte 'Amper Daar', 'Die Heelal' en 'Jammer' wat in die afgelope jaar en `n half deur Warner Music South Africa uitgereik is, het verskeie nommer 1 posisies behaal en het volgens RadioMonitor.com, gesamentlik reeds meer as 3 000 keer op Suid-Afrikaanse radiostasies landwyd gespeel. Die huidige enkelsnit 'Jammer' was ook al nommer een op Jacaranda FM se SA Top 20. 

Met aanhangers wat bly vra vir meer, wou Janie aanvanklik vanjaar `n vol-produksie album opneem, maar met die inperkingsreëls was daar nie toegang tot studios en kon musikante ook nie bymekaar kom om liedjies op te neem nie. Janie het besef dat sy wel `n akoestiese album sou kon opneem. Die proses is net so eenvoudig soos die liedjies self.

“Op `n manier neem dit my ook terug na waar alles begin het, want dit is eintlik hoe my loopbaan afgeskop het. Ek en my broer was `n akoestiese duo wat baie rondgetoer het met ons musiek,” vertel Janie.

'In Die Sitkamer' bied ag akoestiese liedjies wat die afgelope jaar se drie treffers insluit, `n duet met Hunter Kennedy 'Wag Vir Jou', asook `n nuwe liedjie getiteld 'Herfs'. Hierdie splinternuwe lied sou aanvanklik op die vol-produksie album wees. 

KYK: Janie Bay stel emosionele nuwe enkelsnit 'Jammer' bekend

Janie werk al vir `n rukkie daaraan en het besef dat die “50`s rhythm en blues” gevoel van die liedjie lekker sal inpas by hierdie akoestiese album.

Die album is in 'n sitkamer opgeneem in die Spoegwolf huis,  vandaar die naam van die album. Janie sê: “Ek dink die album is perfek vir 'n roadtrip of selfs om by 'n braai te luister, of 'n Sondagoggend in die bed met 'n koffie en beskuit. Ek hoop mense sal hierdie songs geniet!”

Show's Stories