'Die Kontrak'-wenner: Van 'n groentjie tot Suid-Afrika se geliefde plakkieskind

'Die Kontrak'-wenner: Van 'n groentjie tot Suid-Afrika se geliefde plakkieskind

Met sy plakkies en sy sielvolle stem het Chris Steyn week-ná-week talle harte verower op die derde seisoen van 'Die Kontrak'.

Chris Steyn Die Kontrak Wenner Seisoen 3
Verskaf

Chris Steyn, wat geen formele agtergrond in musiek gehad het, is Vrydagaand, 24 November 2023 as die nuutste 'Die Kontrak'-wenner by die tiende viering van die Afrikaans is Groot-konsertreeks aangekondig.

KYK: Bernice West sing 'Lyfie' op Friday Live

Chris Steyn se pad met musiek het toevallig gekruis. Aanvanklik wou dié student van Stellenbosch n rugbyspeler of besigheidsman wees, maar dis om n kampvuur, met 'n bokskitaar in die hand waar dinge vir hierdie 19-jarige handomkeer verander het. Sy vriend en woonstelmaat het talent raak gesien en het hom ooreed om in te skryf vir 'Die Kontrak'. 

"Ek wou oorspronklik nooit inskryf vir 'Die Kontrak'. My woonstelmaat het my een aand oortuig om die video te neem. Ek het toe gesê ek sal slaap daaroor en toe ek wakker word het hy reeds die video gelaai. Maar natuurlik is ek nou baie dankbaar daarvoor," het Chris gesê.

KYK: Demi Lee Moore sing weer 'By Jou' van Theuns Jordaan

Chris is tydens die seisoen deur nóg 'n kontrakwenner, Demi Lee Moore, gementor.

"Demi is 'n wonderlike mentor en ek dink ek kon nie vir beter gevra het nie. Demi het my altyd gehelp met die tipe liedjies wat ek moet sing of hoe om die melodie 'n bietjie te verander, maar sy het nooit die manier van sing of my menswees probeer verander nie." 

Demi Lee is in die wolke dat haar deelnemer met die louere weggestap het. 

"Ek kan nie meer trots op Chris wees nie, ek kan nie wag om te sien hoe sy loopbaan blom nie," het Demi Lee gesê. 

KYK: 'Klein Kwagga' ontmoet held Robbie Wessels

Chris se album, wat sy wen-enkelsnit, 'Helema'l insluit het binne 'n paar ure sedert uitreiking na die nommer een posisie gespring op verskeie stroomdienste. 

Die slotepisode van die derde seisoen van 'Die Kontrak' sal Sondagaand om 18:00 op eTV Extra (Openview-kanaal 105 of DStv-kanaal 195) uitgesaai word. Die herhaling sal die daaropvolgende Sondagoggend om 09:00 op dieselfde kanaal wees. Die volledige reeks sal ook beskikbaar wees om die EVOD-platform.

Show's Stories