Kurt, Theuns, Juanita, Karlien en kie span kragte saam vir 'Afrikaans Gaan Global'

Kurt, Theuns, Juanita, Karlien en kie span kragte saam vir 'Afrikaans Gaan Global'

'n Regstreekse stroomkonsert, Afrikaans Gaan Global, sal op Saterdag, 5 September grense oorskry om verligting te skep onder die donker COVID-19-wolk. Só kan jy saam kyk!

afrikaans gaan global
Instagram.

Hierdie vertoning is uniek in sy soort met 12 ure se ononderbroke topgehalte vermaak met 26 van die land se grootste kunstenaars.

LEES OOK: Great excitement for the Johnny Clegg Digital Tribute Concert

Kurt Darren, Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Karlien van Jaarsveld, Elandré, Jay, Refentse, Robbie Wessels, Ricus Nel, Dirk van der Westhuizen, Brendan Peyper, Christia Visser, Appel en vele meer gaan met die konsert 'Afrikaans Gaan Global' aanlyngehore regoor die wêreld vermaak.

“Daar is soveel byeenkomste wat voor die inperking gekanselleer is en daar is min mense wat nié deur dié pandemie geraak word nie. Hierdie is ’n wonderlike inisiatief en ons as Suid- Afrikaanse kunstenaars kan nie wag om weer terug op die groot verhoog te klim nie, ons weet ons lojale ondersteuners is uitgehonger vir musiek, braai en samesyn,” het Kurt Darren, gesê.

“Die reaksie onder kunstenaars oor dié konsert is ongelooflik en dit wys net weereens hoe ons as Suid-Afrikaners ’n kopskuif kan maak en saamstaan. Vir die eerste keer ooit bied ons aan almal daar buite die kans om ekstra gelde te verdien en daarom het ons die #MYfonds konsep begin," sê Albertus Potgieter, eienaar en besturende direkteur van iTickets.

Volgens Potgieter kan aanlybkykers vir  #MYfonds registreer op die iTickets-weblad waar hul dan  ’n persoonlike skakel sal ontvang. "Sodra jou persoonlike skakel deur een van jou Facebook-, Instagram-, Twitter- of WhatsApp- vriende gebruik word om ’n kaartjie te koop vir die Afrikaans Gaan Global-konsert, verdien jy R20 per kaartjie in jou eie #MYfonds beursie."  

’n Groot aantrekkingskrag is die Afrikaans Gaan Global raffel-kaartjies! Dié pryse sluit in:

  • Die Afrikaans Gaan Global Superbakkie – Ford F250.

  • MSC en Super Events borg ’n luukse vaart op die MSC Sinfonia. Daar is ses vaarte om

    van te kies tussen Januarie en April 2021. Hierdie is ’n BBP-pakket ter waarde van R25 000.

  • Drie Weber Spirit gasbraaiers en vier Weber Premium charcoal braaiers mét bybehore is ook op die spel. Totale waarde is ongeveer R60 000

  • Braai geskenkpakke van Weber, Rooibaard sous en BitFarming.

Kry jou kaartjies

Bespreek jou Afrikaans Gaan Global raffle-kaartjies op iTickets vir slegs R100. Hoe meer kaartjies hoe groter is jou kanse om te wen!

Kaartjies vir Afrikaans Gaan Global kos R120 en beloof om heerlike vermaak te verskaf. Klik hier om kaartjies te koop.

Show's Stories