Kyk Ray Dylan se splinternuwe romantiese pop-treffer

Kyk Ray Dylan se splinternuwe romantiese pop-treffer

Ray Dylan se splinternuwe romantiese pop-treffer, wat hy vir sy vrou geskryf het, is pas uitgereik en reeds besig om soos ’n veldbrand te versprei.

Ray Dylan

Die musiekvideo van hierdie liefdeslied is net betyds om Valentynsdag te vier!  Dit is nóú aanlyn beskikbaar en sal binnekort op die kassie te siene wees.

Volgens Ray het hulle besluit om die konsep van die video eenvoudig te hou en beeldmateriaal in te sluit van hom wat sing en musiekmaak in sy ateljee, RDM-Studio.
 

Chandré Opperman van Coolerbox Brothers was die regisseur en vervaardiger van die video en die eindresultaat beloof om bewonderaars gaande te hê.

'Kom Lê My Voor Jou' is deur dié kunstenaar, wat oor die jare sinoniem geword het met Afrikaanse musiek, self geskryf en vervaardig en hy het ook self die instrumente gespeel wat op die snit gehoor kan word. Vonk Musiek se Tertius Human het die finale afrondingswerk behartig.  
 

Oor die jare, het Ray baie hoogtepunte in sy loopbaan bereik. Vanjaar is hy ook benoem vir die Highest Honour: Southern Rock-toekenning by die Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekkenings én gaan hy die verhoog deel met die internasionaal erkende Southern Rock-koning, Kip Moore.

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories