MOET-KYK: Demi Lee Moore se musiekvideo vir 'Maak My Jou Tequila'
Updated | By Jacaranda FM
Demi Lee Moore het geen bekendstelling nodig nie. Sy het onlangs haar jongste musiekvideo bekendgestel - kyk dit hieronder!

Afrikaanse pop sensasie, Demi Lee Moore het vandeesweek haar splinternuwe musiekvideo vir haar jongste treffer 'Maak My Jou Tequila' bekend gestel en dit is beeldskoon!
KYK OOK: Demi Lee Moore performs incredible version of 'Can't Help Falling In Love' on Friday Live
Sedert Moore die gewilde Afrikaanse sangkompetisies, 'Die Kontrak' in 2018 gewen het, het sy een van Suid-Afrika se mees bekroonde sangers geword. Die Ghoema-wenner se liedjies was al vele kere vantevore nommer een op verskeie musiekranglyse, insluitend die SA Top 20 op Jacaranda FM.
En dit blyk asof haar nuwe enkelsnit én musiekvideo gehore ook gaan bekoor.
"In hierdie geval, is Tequila 'n metafoor. 'n Metafoor vir die een ding wat jou ander helfde altyd bo jou sal kies. Wees dit dalk hul loopbaan, sukses wat hul najaag, alkohol, iemand anders..." verduidelik die sanger oor die liedjie.
"En al wat jy vra is, maak my jou nommer 1. Dalk, as hul dieselfde tyd en aandag aan jou gee, mag jy beter wees as die Tequila wat hulle ken."
KYK DIT HIERONDER:
Show's Stories
-
Rent-a-man service in Japan offers women emotional support
Would you ever consider hiring someone to provide you with company when ...
The Workzone with Alex Jay 27 minutes ago -
Have a Valentine's Day picnic at Syringa Park
Celebrate love with a romantic outdoor picnic at Syringa Park on Friday,...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 2 hours ago