Amy Kleinhans erken sy was in die tronk

Amy Kleinhans erken sy was in die tronk

Voormalige Mej. Suid-Afrika en besigheidsvrou, Amy Kleinhans-Curd, het op die jongste episode van die 'Real Housewives van die Wynlande' erken dat sy al in die tronk was.

Amy Kleinhans-Curd
Verskaf/ kykNET

In Donderdagaand se episode van 'Die Real Housewives van die Wynlande' op kykNET, kanaal 144, het voormalige Mej. Suid-Afrika en besigheidsvrou, Amy Kleinhans-Curd, in Mauritius erken dat sy al in die tronk was. 

LEES: "Ons het nie gedink hy gaan dit maak nie," sê Nádine

In 1997, na haar kroning as die eerste vrou van kleur om Mej. Suid-Afrika te wen, was Kleinhans-Curd in hegtenis geneem vir diefstal. 

Sy was aangekla vir winkeldiefstal. 

In die jongste episode, het Kleinhans-Curd vertel dat sy in 'n apteek was en toe sy uitstap, het sekuriteit haar ondersoek en 'n lipstiffie in haar handsak gevind. 

LEES: 'Housewife' Mariska Thorpe deel pragfoto's van haar babaseun

Kleinhans-Curd is toe na 'n tronksel geneem, maar het nie genoem hoe lank sy in die tronk was nie. 

Sy sê sy het jare later uitgevind dat iemand glo aspris die lipstiffie in haar handsak gesit het sodat sy moes skuldig lyk. 

Die persoon wie die lipstiffie in haar handsak geplant het, was glo op daardie stadium "jaloers" op Kleinhans-Curd. 

Volg ons op sosiale media: 

Foto: Instagram/ Amy Kleinhans-Curd

Meer op Jacaranda FM


Show's Stories