KYK: Armand Aucamp en Sean van Noordwyk vier twee jaar saam!

KYK: Armand Aucamp en Sean van Noordwyk vier twee jaar saam!

Die akteurspaar Armand Aucamp en Sean van Noordwyk vier twee jaar saam. Die paartjie het die spesiale oomblik op sosiale media gedeel.  

Armand Aucamp en Sean van Noordwyk vier twee jaar saam!
Instagram/ Armand Aucamp

Die aantreklike akteurspaar Armand Aucamp en Sean van Noordwyk het onlangs op sosiale media gedeel dat hulle al twee jaar in 'n verhouding is. 

LEES: Oulike twee-jarige sing SA volkslied uit volle bors

"Lewe saam met jou is SO maklik! So seker. So LEKKER!" het Aucamp op sosiale media gedeel. 

"Dankie Sean. Dankie dat jy vir my daai voicenote gestuur het - ek was nie braaf genoeg nie. Dankie dat jy daai brief vir my geskryf het - ek was nie braaf genoeg nie. Dankie dat jy my onder die Eiffel gevra het - daarvoor WAS ek braaf genoeg, maar jy was een stappie vinniger as ek… Sien uit na álles saam met jou. Love you my boy!"

LEES: Armand Aucamp gesels oor sy 'dating-app' Koer!

Aucamp wat ook 'n entrepreneur is het in 2021 Suid-Afrika se eerste Afrikaanse dating-app of toep bekend gestel.

"KOER is 'n opregte platform waar mense opsoek is na ware liefde."

"Die platform help ook mense van reg oor die wêreld om met mekaar te kommunikeer en te connect. Mense het 'n behoefte aan geselskap," het Aucamp aan Jacaranda FM genoem. 

LEES: 'Boer Soek 'n Vrou'-aanbieder ontsnap modderstorting in Franschhoek

Aucamp het nou ware liefde by Sean van Noordwyk gevind. 

Die paartjie trou oor twee maande en is verskriklik opgewonde oor die pad vorentoe. 

"Lief jou so onsettend baie Armand Aucamp, dankie dat jy in my glo en dat jy my altyd ondersteun," het Van Noordwyk op sosiale media gedeel. 

Veels geluk, Armand en Sean! 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories