Armand Aucamp gesels oor sy 'dating-app' Koer!
Updated | By Scenic Drive With Rian
Akteur en entrepreneur Armand Aucamp het in 2021 Suid-Afrika se eerste Afrikaanse 'dating'-app bekendgestel.

KOER is 'n nuwe toepie vir eensames in Afrikaans. Dis reg! Bekende akteur en entrepreneur Armand Aucamp het 'n paar vriende nader gehak en opgekom met sy mees onlangse projek.
LEES: Sangeres van Krugersdorp sing weer na lyding
'n Liefdestoep in Afrikaans. Armand het sy eie pasmaat aanlyn ontmoet en was een aand om 'n braaivleisvuur aan die gesels toe een van vriendinne sug "hoe moeilik kan dit nou wees om net 'n doodgewoon ordenlike Afrikaanse pasmaat te kry?"
Dit was die begin van 'n idee wat in 2020 vlerke gekry het. KOER bied lede 'n platvorm om potensiële Afrikaanse vriende, penmaats, pasmaats, geselsmaats en alles tussen-in te vind - en dit reg oor die wêreld.
LEES: Tarryn Lamb en Pieter Koen gee enkelsnit nuwe lewe
Die toep is tans gratis aflaaibaar op App Store en Google Play. In die vreemde pandemie tye is KOER dalk net die veiligste antwoord vir ons eensame aande. Soos hul klinkreël lui: "Koer. Jou hart. Jou taal. Jou kans."
Armand Aucamp het met die Scenic Drive-span gesels oor die opwindende projek.
"KOER is 'n opregte platform waar mense opsoek is na ware liefde. Dit is baie maklik om 'n intekenaar te word. Jy kan ook deur Facebook inteken."
LEES: "Grootste glips" - Aktrise Rolanda Marais word weer ma op 44
"Die platform help ook mense van reg oor die wêreld om met mekaar te kommunikeer en te connect. Mense het 'n behoefte aan geselskap."
Meer Op Jacaranda FM
Foto: Jacaranda FM
Show's Stories
-
JHB ladies enjoy some wine time at the back of a bakkie
It's like the saying goes, "Wine not, it's five o'clock somewhere..."
The Workzone with Alex Jay 2 hours ago -
You could be dismissed for using your cellphone at work
Don't disregard your workplace's health and safety regulations and polic...
The Workzone with Alex Jay 2 hours ago