LUISTER: Tarryn Lamb en Pieter Koen gee enkelsnit nuwe lewe

LUISTER: Tarryn Lamb en Pieter Koen gee enkelsnit nuwe lewe

Plaaslike Afrikaansesangers Tarryn Lamb en Pieter Koen tower internationale liedjie van Diana Ross op. 

Pieter Koen & Tarryn Lamb
Instagram

Tarryn Lamb is een van die mees gesogde sanger-liedjieskrywers in Suid-Afrika. Sy is 'n gevestigde multi-bekroonde solo-kunstenaar met meer as 'n dosyn treffer-enkelspel, insluitend ‘'Mal Oor Jou' en 'Vier Woorde'. 

LEES: Adele se nuwe luukse R928-miljoen-huis

Sy was voorheen die hoofsanger van groepe insluitend BlackByrd en LaVuvuzela. 

Pieter Koen, is 'n Afrikaanse-sanger, voormalige omroeper en aanbieder van kykNET se gewilde musiekprogram op Saterdagaande, 'Jukebox'. Van sy treffers sluit in 'Skud Jou Biscuit' en 'Drie Susters Van Drie Susters'.

LEES: "Grootste glips" - Aktrise Rolanda Marais word weer ma op 44

Koen vier hierdie jaar 25 jaar in die musiekbedryf.

Bekoorlike stemme soos die van Tarryn Lamb en Pieter Koen is te hoor in die nuwe enkelsnit 'When You Tell Me You Love Me'.

Hierdie enkelsnit is deur Danny Smoke vervaardig, wie bekendheid verwerf het vir liedjies soos 'Jou Lippe'.

LEES: Mila Guy en David Viviers speel dokter-dokter in 'Binnelanders'

Die liedjie 'When You Tell Me You Love Me' is oorspronklik deur die sjarmante Amerikaansesangeres Diana Ross vrygestel en sy het jare na hierdie liedtjie verwys as die liedjie wat haar gekenmerk het.

Hierdie enkelsnit is deel van Pieter Koen se album wat hy onlangs vrystel het genaamd, 'Timeless'. 

“Hierdie liedjie bring soveel warm herinnering terug. Toe ek op hoërskool was, het my ma my aangemoedig om hierdie liedjie te leer en by my skool, Hoërskool Vishoek, se jaarlikse verskeindenheidskonsert te sing’’. 

LEES: Bertus Basson spring wéér in om eetplekke op te kikker in 'In die Sop'

Die enkelsnit , 'When You Say That You Love Me' is beskikbaar op menigde musiekstromingsplatforms.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

Foto: Instagram

Show's Stories