FOTO'S: Adele se nuwe luukse R928-miljoen-huis

FOTO'S: Adele se nuwe luukse R928-miljoen-huis

Die huis beskik oor agt slaapkamers en 12 badkamers.

Adele
Twitter

Aanhangers van die bekroonde sanger-liedjieskrywer Adele kan nie uitgepraat raak oor hoe gloeiend die geliefkoosde kunstenaar lyk nie, nadat sy saam met haar liefdesmaat, Rich Paul, in hul massiewe nuwe huis afgeneem is. 

LEES: "Grootste glips" - Aktrise Rolanda Marais word weer ma op 44

Die egpaar het in September verlede jaar amptelik geraak en Adele het dit duidelik gemaak dat hul verhouding van ernstige aard is, so ernstig dat sy 'n herehuis van R928-miljoen in Los Angeles, Berverly Hills  gekoop het. Die vorige eienaaar van die huis was die gewilde akteur Sylvester Stallone en die herehuis was vir meer as 'n jaar in die mark.  Die eiendom is 'n huis van 18 587 vierkante voet en is ontwerp deur die Kanadese-gebore Amerikaanse argitek, Richard Landry. Die huis beskik oor agt slaapkamers en 12 badkamers. 

LEES: Mila Guy en David Viviers speel dokter-dokter in 'Binnelanders'

Die hoofhuis beskik oor ses slaapkamers en nege badkamers, insluitend 'n hoofsuite, drie ruim en suite-slaapkamers en twee bediendesslaapkamers. Die primêre tweeverdiepinggebou het 'n formele sitkamer met uitsigte oor Rodeo-rylaan. 

Hierdie eiendom is skouspelagtig en reusagtig, omdat dit 'n tweeverdiepinggastehuis met twee en suite-slaapkamers en 'n volledige sjefkombuis insluit soos dit deur Landry ontwerp is. 

Benewens dit, het die huis baie meer geriewe insluitend 'n professionele fliekteater en sigaarkamer met 'n lugfiltrasiestelsel.

LEES: Bertus Basson spring wéér in om eetplekke op te kikker in 'In die Sop'

Adele het onlangs haar 34ste verjaardag gevier nadat sy deur diep waters was die afgelope paar jaar. Sy is nog besig om te herstel en op `n reis van genesing. 

Op die sosiale media platform Instagram het sy geskryf: “Wat ’n verskil maak ’n jaar! As tyd aanhou genees en al die kreukels in my lewe glad maak soos wat die jare verbyvlieg, dan kan ek nie wag om 60 te word nie! Ek was nog nooit so gelukkig nie! Soveel lesse, soveel seëninge om voor dankbaar te wees. Dit is 34, en ek is mal daaroor! Dankie vir die verjaarsdag liefde soos altyd.” 

Kyk die foto's hier

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer Op Jacaranda FM


Volg ons op sosiale media: 

Foto: Twitter

Show's Stories