Akteur Bradley Olivier se dood skok land: "Ons gaan hom verskriklik mis"

Akteur Bradley Olivier se dood skok land: "Ons gaan hom verskriklik mis"

Die gewilde 'Binnelanders'-akteur, Bradley Olivier, is Donderdag oorlede. 

Binnelanders Akteurs Cindy Swanepoel Bradley Olivier
Jacaranda FM

Die geliefde akteur, Bradley Olivier, is Donderdag oorlede.

Olivier was gewild vir sy rol as 'Danny Jantjies' in die kykNET-sepie, 'Binnelanders'. 

Woensdag het die Olivier-familie aan die media genoem dat hy aan die lewe hou geword met masjiene en dat daar geen genesing sal wees nie. 

Olivier se skielike afsterwe het duisende aanhangers geskok. 

"Ons hou vandag die familie en vriende van Bradley Oliver innig in ons gedagtes. Hy was 'n geliefde akteur en gewaardeerde lid van die kykNET- en 'Binnelanders'-familie. Sy skielike afsterwe is 'n groot skok en geweldige verlies vir almal wat in aanraking met hom gekom het," sê Waldimar Pelser, M-Net Direkteur: Premium-kanale. 

"Ons harte gaan uit na sy familie, geliefdes en vriende."

"Die skok en hartseer na die skielike afsterwe van Bradley is baie moeilik om te verwerk - hy was nog so jonk en so 'n geliefde lid van 'Binnelanders' se spelerskorps. Enige wisselwerking met Bradley, of dit nou op professionele of persoonlike vlak was, was altyd net ‘n vreugde. Hy het die karakter van 'Danny Jantjes' vir byna agt jaar met totale oorgawe vertolk. Ons gaan hom verskriklik mis en ons harte gaan uit na sy dogtertjie en ander naasbestaandes." – Elsje Stark, Vervaardiger, 'Binnelanders'.

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories