Brendan Peyper vuurwarm in sy nuwe musiek video
Updated | By MornéJK
Afrikaanse hartedief Brendan Peyper het Maandag sy jongste musiek video vir die treffer Twee Is Beter As Een bekend gestel - en natuurlik wys hy weer spiere.

Brendan, wie nie net bekend is sy sang talent nie maar ook vir sy gespierde lyf, het verlede maand sy tweede album Hy Loop Oop bekendgestel.
Twee Is Beter As Een is een van die enkelsnitte vanaf die album, en die spiertier gaan verseker dames warm on die kraag hê.
LEES OOK: Brendan Peyper se nuwe album is hier en "hy loop oop!"
Die skaam, teruggetrokke sanger meen sy nuwe album is niks soos sy debuut album, Stop, Wag, Bly Nog 'n Bietjie nie, maar dat hy sekere elemente van sy musiek nie kan afskud nie.
"As jy verwag om dieselfde klanke van Stop, Wag, Bly Nog 'n Bietjie te hoor gaan jy aangenaam verras wees want ek speel met nuwe klanke," vertel Brendan.
Hy het ook self geskryf aan van die liedjies op sy nuwe album.
Brendan se stem het aanhangers vinnig oorgewen, en hy is tans een van die gewildste sangers in die Afrikaanse musiekbedryf.
Hy het ook 'n duet, In Silhouette Saam Met My, saam met Juanita du Plessis se dogter, Franja opgeneem.
Show's Stories
-
The secret emojis Gen Zs are using and their meanings
Can you understand the meaning behind the emoji?
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago -
UNO is coming to Las Vegas casinos
Las Vegas is throwing out a wildcard!
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago