Jong burgemeester Cilliers Brink se droom vir Tshwane

Jong burgemeester Cilliers Brink se droom vir Tshwane

Tshwane-burgemeester Cilliers Brink het openlik gesels oor sy ouderdom, sy grootwordjare en die toestand van Tshwane.

Cilliers Brink
Supplied/ kykNET

Hy was 11 jaar oud toe hy besef het politiek is in sy bloed en 'n skrale 12 toe hy die eerste keer 'n brief aan 'n koerant geskryf het. 

LEES: Nataniël in die sop oor 'rassistiese' opmerkings

Met sy gesprek met Rian van Heerden is 'Laataand met Rian' Dinsdagaand is dit ook duidelik dat die jong Cilliers Brink, sedert einde Maart die burgermeester van Tshwane, nie bang is vir 'n uitdaging nie.

Cilliers (36) het regte studeer, maar het altyd geweet die politieke lewe is waar hy hom sal bevind. 

En ja, het hy erken, hy weet Tshwane het reuse-probleme en dat dit nie in 'n dag, 'n week of selfs 'n jaar gaan verander nie. 

"Wanneer laas was jy op Kerkplein sonder lyfwagte?' het Van Heerden op 'n kol gevra. 

LEES: Nie die rede vir KWV-man se aftrede, sê 'Huisvrou' Anita Lloyd

"Sonder lyfwagte seker so jaar gelede, deesdae amper elke dag omdat my kantoor daar is," het Cilliers geantwoord. 

Die gesprek het onder andere gedraai na die cholera-uitbreek, infrastruktuur en die teenstand wat hy gekry het toe hy as burgermeester aangewys is. 

Cilliers sê sy ouderdom is dalk juis een van die dinge wat vir hom tel aangesien jonger mense meer gereed is om saam te werk om Tshwane weer 'n stad te maak om op trots te wees. 

Dit help ook, het hy met 'n glimlag gesê, dat die Jakarandastad se geldkoffers amper leeg gesteel is en dat daar nie veel oor is om te buit nie.

"Daar is geen meer geld oor om te steel nie," het hy bygevoeg.  

LEES: Carl Niehaus: 'Baie mense het geld gevat tot op die hoogste vlak in die ANC'

Cilliers het gesê het hy werk vir die "common good" vir almal in Tshwane, het die lama instemmend geknik. 

"As ons besef ons is een, dan gaan ons ons verskille kan maak werk," het hy gesê. 

'Laataand by Rian' is elke Dinsdagaand om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) te sien. 

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories