Nie die rede vir KWV-man se aftrede, sê 'Huisvrou' Anita Lloyd

Nie die rede vir KWV-man se aftrede, sê 'Huisvrou' Anita Lloyd

Anita Lloyd van 'Die Real Housewives van die Wynlande' het erken dat sy nie die rede is vir haar man, Boyce Lloyd se aftrede by KWV nie, maar sy glo dit is 'n "groot kompliment" vir haar dat mense só dink. 

Anita Lloyd
Verskaf/ kykNET

In die reeks, 'Laataand by Rian' op kykNET kanaal 144, nooi Rian van Heerden weekliks 'n nuusmaker na sy restaurant in Pretoria. 

LEES: 'Huisvroue' Anita Lloyd en Mel Viljoen om een tafel: Vyf hoogtepunte

En vandeesweek se nuusmaker is die geliefde Anita Lloyd. 

Anita Lloyd wat te sien is in die realiteitsreeks, 'Die Real Housewives van die Wynlande', het met Van Heerden gesels oor haar tyd op die kassie, haar man se aftrede en mense se opinie oor haar. 

Sy het vertel dat sy nie meer Checkers toe kan gaan om doodnormaal haar inkopies te gaan doen nie. Om elke hoek en draai word sy gestop vir 'n foto.

LEES: Brendan Peyper soek liefde: Só lyk sy ideale vrou

"Hulle roep my by die naam en hulle praat met my en voer met my ’n gesprek asof hulle my jare ken! Dis ’n groot kompliment."

"Ek ervaar die meeste aanhang van jong getroude paartjies, jong tieners en ook die gay-gemeenskap," sê sy trots.

Die groot storie wat die land laat gons het was toe haar man, Boyce Lloyd sy aftrede aangekondig het

LEES: '7de Laan' se David Rees uit waakeenheid na hartaanval

Baie mense het gesê dis as gevolg van haar gedrag tydens 'Die Real Housewives van die Wynlande'Sy sê dis 'n ongelooflike groot kompliment dat mense dink sy is die rede vir haar: "Ongelooflike hardwerkende man met 'n ontsettende goeie reputasie se aftrede." Maar sy wens tog dat mense liewer oor die reeks of oor haarself sou skryf, as oor Boyce.

'Laataand by Rian' is elke Dinsdagaand om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) te sien. 

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories