Brendan Peyper soek liefde: Só lyk sy ideale vrou

Brendan Peyper soek liefde: Só lyk sy ideale vrou

Hy het 'n glimlag wat enige vrou se knieë lam maak, spiere wat bult en die groot hart van 'n boerseun van die Vrystaat. Dames, maak reg, want sanger Brendan Peyper is reg vir nuwe liefde in sy lewe. 

Brendan Peyper
Brendan Peyper/Instagram

Met trefferliedjies soos 'Stop, wag, bly nog ’n bietjie', 'Trouvrou' en 'Jy laat dit maklik lyk' is daar egter een ding wat nog kort in Brendan Peyper se lewe: daardie een groot liefde.

LEES: 'Ou Ryperd'-sanger Dozi praat openlik oor sy liefdeslewe

En dis waar 'Op My Eish!' 'n rol gaan speel, want, ja, Brendan is die alleenloper wat liefde in die derde seisoen van kykNET se gewilde realiteitsreeks gaan soek.

LEES: Akteur David Rees kritiek, maar veg moedig voort

"Ek het ingestem om deel van die program te wees omdat ek baie oopkop is oor die lewe en nie deure wil toemaak wat vir my oopgaan nie," sê Brendan. "Mens weet nooit wat die lewe vir jou inhou nie en wat vir jou bestem is nie."

Hoe lyk sy ideale vrou?

"Ek het nie noodwendig 'n prentjie in my gedagtes nie, want soms is dit die persoon waarvan jy dit die minste verwag wat jou die hardste van jou voete afslaan. Al wat ek kan sê, is dat ek van ’n vrou hou wat atleties gebou is en ’n gesonde leefstyl handhaaf," sê hy.

LEES: Sangeres Amor Vittone maak hart oop oor afsterwe van pa

Die derde seisoen van 'Op My Eish!' word in September en Oktober vanjaar by van Brendan se gunsteling-plekke verfilm en die uitvoerende vervaardiger, Gideon Eksteen van Wakanda Media, sê kykers kan beslis 'n paar kinkels verwag, maar dat daar nie te veel aan die formaat gaan verander nie omdat dit so goed werk.

Waarna sien Brendan die meeste uit?

"Om die vroue te leer ken en te sien hoe hulle reageer en optree," sê hy.

Inskrywings is tans oop tot 31 Augustus op kykNET.tv – moenie hierdie kans laat verbygaan nie.

LEES: Inbreker sterf na vrou hom met kookwater gooi

Show's Stories